Leerkragte en Personeel

Leerkragte En Personeel 1977

Dr. Dawie Vorster: Grad School: Universiteit van Pretoria/ Unisa/Natal '59 BA; B.Ed; M.Ed; D.Ed; IVS;CEA, Onderwys High School: Hoërskool Ben Viljoen '55 Employer:Natal Education DepartmentPosition:Headmaster: Port Natal HoërLocation:Durban, South Africa


KOMPLIMENTE VAN OOM DAWIE VORSTER

Dawie sent you a message.

Subject: Webtuiste

Baie geluk!!!! Dit is uitstekend! Ek is BAIE trots op julle. Geluk met die inisiatief en ek hoop julle slaag daarin om almal (wat nog lewe!) op te spoor en nader te trek. Ek het nog kontak met Chanelle, Deborah, mnr André Cloete en sy vrou(hulle is in Newcastle) en mnr van Niekerk (Flamink) hy is in Pietermaritzburg. Jy weet seker mnr Venter(Perd) is doodgeskiet in 'n mislukte roofpoging in Empangeni.

Groetnis

Dankie Oom Dawie. Van ons almal 1977


Die volgende skrywe tussen my en Oom Dawie vanaf gesigboekie (FBook)

Freddie

Ek het nagelaat om te sê dat mnr Heese en ek ook nog kontak het. Hy het ook al afgetree en woon nou op Stilbaai. As jy hom wil kontak, sy e-posadres is:

Ek kom vandag tot die verskriklike besef dat julle vanjaar 50 word!! Dit is ouer as wat ek was tot julle in matriek was!! Genade is al wat ons nou nog nodig het!! Baie sterkte en nogmaals geluk met die webtuiste en die "face book"-gedoente

Oom Dawie,

Groot, groot waardering vir hierdie informasie. Ek gaan sommer onmiddellik hiervan werk maak en aan hom 'n epos rig.Ek hoop die ander matriek maats van ons besef hoe julle op datum is met die tegnologie; ek meen julle het epos adresse! Goeie voorbeeld weer eens en nog steeds na al die jare. Oom Dawie dankie vir jou goeie wense aan ons poging en ek gaan dit weer publiseer in ons web tuiste. Een ding is verseker, ek beleef so groot opgewondenheid tussen al die maats wat al reeds gereageer het.

Van ons almal 1977.


Dawie Vorster wrote at 8:35pm

Freddie,

Jy moet onthou ek is gebore in 38 BC(Before Computers) Dit vat 'n helse effort om net die ding aan te skakel en te soek waar wat is!! Maar gelukkig het ek, op my personeel by Port Natal Hoërskool, 'n juffrou gehad (Erina Kruger) wat die wonderwêreld van die rekenaar vir my oopgemaak het toe ek my doktorale proefskrif self moes tik en persklaar gemaak het.

Hierdie "Facebook" is egter iets besonders en ek is gek oor die idee om met julle, op hierdie manier, kontak te maak. Jy weet op hierdie stadium van die wedstryd is pa, dogter en kleindogter almalmal betrokke in die kuberruimte!!

Soos hulle in Hoog Hollands sê: Doe zoo voort!!!

Groetnis van huis tot huis


Freddie Snijman wrote

at 9:03pm

Oom Dawie, jy doen uitstekend! As Oom Dawie die gesigboekie gedoente kan hanteer, soos wat jy dit reeds doen en ook epos kan stuur en ontvang soos wat jy reeds doen, dan is die Kaap hollands (gepraat van Hollands). As dit kom by die 1977 matrieks, dan moet die vingers net bietjie skyf na ons webtuiste toe. Baie dankie dat Oom Dawie deel neem en ek dink wat jy hier doen is wat Oom Dawie altyd vir ons gedoen het in die skool jare en dit was om vir ons 'n voorbeeld te wees en die leierskap en aansporing wat jy aan ons besorg het! Freddie

Dawie Vorster wrote

at 8:59pm

Freddie,

Jy moet weet dat hier iets besig is om te gebeur wat jy nie in jou wildste drome voorsien het nie!! Ek kan waaragtig nie glo wat ek hier beleef en sien nie!!

Tussen hakies mnr Tienie Joubert, die drilpelOton afrigter, is ook so 'n paar jaar gelede oorlede. Hy was toe 'n ouer van my skool (Port Natal)

Johan Badenhorst moet jy vang voordat hy sy volgende "Voetspore"-program vir KYKNet maak. Dis dalk van Pretoria na Perth!! of Pofadder na Pittsburg! Hy doen darem goed vir homself.

Chanelle is in Pretoria. Haar foonnommer is:

Baie sterkte met julle harde werk!!

Groetnis

Oom Dawie, jy kan dit nie beter definieer as wat jy tereg geskryf het nie. Veral vandag, was daar belewing wat skrik vir niks nie.Dankie aan Sandra, haar speurwerk produseer vrugte! My grootste verrassing ooit is die feit dat die webtuiste tweede plek ingeneem het op die Google soek engin! Dit in net 8 x dae. Vandat ek myself besig hou met die verkoop van hierdie webtuiste produk, het ek dit nog nooit beleef nie! Ons webtuiste besoeke is oor die 1000 in net 8x dae! Selfs die selfoon besoeke is besig om dramaties te verhoog! Oom Dawie, wat ek begin besef het, is dat hierdie webtuiste 'n elektroniese jaarboek is van 1977 tot hede en een kan bly tot in die toekoms in, solank as wat iemand dit sal opdateer, onderhou en die "hosting" kan voldoen! Dit is die krag wat ek sien in hierdie poging! Ek sal graag hierdie skrywe ook in die webtuiste in die interne forum publiseer en elders ook.Freddie/Sandra/Hennie/Rene

Nog waardevolle bydraes van Dr.Vorster, vanaf FB: 19 Jan 2009

Freddie,

Ek het gister met Chanelle gepraat en sy vertel my van die gekoffiedrinkery wat julle twee na al die jare "opgeline" het!! Dit is nou bakgat!

Ek sien jy wil graag hê ons moet stem oor die stoutste seun en mooiste dogter van 1977. As jy ooit vir Brand Meintjies sien vra hom oor sy geselsie met mev Bijoux oor sy Engelse huiswerk wat nie klaar was nie! As hy dit kan onthou sal hy BAIE stemme kry!! Om die mooiste meisie uit daardie groep te kies is moeilikheid soek.

Ek is bly om te sien jy het toe kontak gemaak met die mnr en mev Heese. Tussen hakies hulle het altwee verder gestudeer en is dus dr C Heese en dr M Heese.

Ek kyk na die personeelfoto op die webwerf en wonder hoeveel van daardie leerkragte lewe nog. Nogmaals geluk en sterkte

Freddie:

Oom Dawie, dankie vir die inligting, ek maak gerus die titels reg soos dit hoort1 Ek dink Brand Meintjies het 'n probleem.... sy naam kom nou oral op. Ja, die stemmery oor die mooiste meisie kan interessant raak, ek wag dat die manne nog nominasies moet doen, maar hulle is mos nou getroud en bekommerd oor wat die vrouens sal sê. hehehehehhee...

Mnr.Marcus Kruger

Was weg vir n week en kan vanmore nie glo wat ek

> sien gebeur nie. Baie geluk aan jou en die res van die span. Oor die

> stoutste seun in matriek 1977 wil ek my nie uitlaat nie, maar die

> onderwerp het my laat dink aan iets wat op die 1977 Rugbytoer na

> Transvaal gebeur het. Ek deel hierdie staaltjie juis privaat met jou

> aangesien ek nie seker is of my vermoede dat Jakkals Vermaak (oorlede)

> op n stadium dalk deel was van julle groep nie. Besluit maar self of

> julle dit kan gebruik.

>

> Nadat Brandt Meintjies (soos net Brandt kon) al vir amper die hele

> toer aan Jakkals karring kon Jakkals dit later nie meer hou nie en se

> vir Brandt: "Brandt ek gaan vir jou bliksem". Brandt antwoord: "Op

> grond waarvan Jakkals?" Antwoord Jakkals: "Op daardie selfde stukkie

> grond waar jy op staan" Ek glo Jakkals sal daar waar hy nou is ook

> hierdie staaltjie geniet.>

> Groete

> Marcus

Dankie Mnr. Kruger, dit het my dag gemaak, en ek sien daardie twee manne se gesigte as ek die staaltjie lees. Dankie vir jou komplimente aan ons 1977 Afrikaans medium poging. Freddie en Sandra en Hennie en Rene en sommer van ons almal 1977 matrieks!

29 Januarie 2009

-----Original Message-----

From: MARCUS KRUGER

Sent: 29 January 2009 09:55 AM

Subject:

More Freddie, is tans baie besig(so pas my plase verkoop en moet groot besluite neem en baie dinge reel) maar sal tussendeur aandag skenk aan al die versoeke. Kwalifiseer ek dan eers vir n password? Ek sien niemand maak nerens melding van Asjas Steenkamp (Metaalwerk 1977) wat ook al jare oorlede is nie. Sy vrou Lucy bly op Richardsbaai. Hoor bietjie by Rufus of hy ook een van die melkdiewe was wat 5 uur in die oggend n 2 liter melk vir my in my koshuiskamer kom aflewer het. Die ander 2 was defnitief Jakkals en Davel. As ek reg kan onthou is hulle daardie aand geslaan nie oor die gesteelde melk nie maar omdat hulle sonder toestemming uit die koshuis was, want die melk was baie lekker.

Groete

Marcus

Marcus,

Baie duisende dankies vir hierdie bydrae. Ek is seker die ander wat dit gaan lees, gaan dit ook geniet net soos wat ek dit nou geniet het. As jy nie omgee nie, dan publiseer ek dit wat jy geskryf het, en sodoende voel ek dit is waarde toevoeging en ons bewaar dit.

Moet nie bekommerd wees oor die "password" nie, ons sal eersdaags dit ordentlik aanspreek. Die feit dat jy deel neem word hoog op prys gestel. Ek neem kennis van Asjas Steenkamp en sal dit so publiseer. Heheheheeeee...... melkdiewe? Mag ek miskien hier inkom? Ai tog! Weet nie of ek dit moet noem nie? Hier kom dit....ek het ook!

Baie groete,

Ons wil graag weer van jou hoor en voorspoed met die besluitnemings prosesse.

Matrieks 1977

En Freddie kry dit toe reg om 'n lat vir sy gat te pluk:

Mnr. Kruger skryf:

Publiseer maar en onthou jou 6 van die bestes kan jy by die reunie kom kry, nie vir melksteel nie maar vir sonder toestemming uit die Koshuis slip daar by die parrafien tenks'

Dr. Chris Heese


Dr. D.C.F (Chris) Heese, 1977 Adjunkhoof Empangeni Hoërskool.

Hi,

Dankie vir jou e-pos oor die moontlike re-unie. Ek sal eersdaags 'n foto stuur. Hou my aub. op die hoogte.

Marié wil weet of jy 'n mondeling gedoen het oor judo of karate. Sy onthou hoe mnr Corbett by die venster ingeloer het en wou weet wat aangaan. Onthou sy reg?

Groete

Chris Heese

Freddie antwoord:

Dr. Heese,

Wat ‘n wonderlike voorreg om jou ook op ons eie webtuiste teenwoordig te he.

Baie dankie vir die epos antwoord en die foto sal werklik waardeer word!

Ek dink Marié is korrek, ek het judo gedoen en die kanse was dus groot dat mondeling daaroor geskied het. Ek moet sê ek kan dit nie onthou nie, en defenitief is Marié se geheue my een voor!

Ons hou julle op hoogte van ons reünie poging.

Baie groete,

Freddie en die administrateurs van hierdie trotse poging van ons!

NS: Wat ek wel onthou is hoe Mnr. Heese in ‘n matriek wiskunde klas aan my gesê het dat as ek elektronika wil gaan studeer na skool, ek my agter end in rat moet kry, want ek kan nie wiskunde doen nie!

Ek publiseer met groot vreugde, graag die volgende staaltjie gestuur aan my per epos, van Dr.Marié Heese waar dit handel oor my Engelse mondeling wat ek moes doen. Ek lê soos ek lag oor hierdie een!

Hallo Freddie

Ja, dis 'n mooi foto (wat ek self geneem het).

Ons is nou afgetree, dus maak titels nie meer saak nie.

Hier's wat ek onthou van die mondeling (dit was moontlik in 1976), of 'n ander jaar toe ek waargeneem het as Engels onderwyser:

Die opdrag was, doen 'n mondelinge aangebieding oor die een of ander sportsoort, maar met illustrasies. Jy wou toe oor judo praat, en dit demonstreer. Daarvoor wou jy die banke wegskuif, 'n gim-mat op die grond sit en 'n tweeling uit st ses bring (in hul judoklere) om gooie en valle te illustreer. Goed so, sê ek, solank jy net Engels praat. So word die kamer herrangskik, ek sit saam met die res van die klas bo-op die banke, jou ry gordels hang teen die skryfbord, en ons trek weg. Op die oomblik toe die eerste tweeling die ander een gooi dat die stof opslaan, loer mnr Corbett by die deur in. "Mrs Heese, WHAT are you doing?" "Oral, Sir." "Oh." En hy stap weg.

Veels geluk met julle puik werk tot dusver.

Terloops, galery het een l. (Jy kan die onnie uit die onderwys kry, maar nie die onderwys uit die onnie nie.)

Vriendelike groete

Marié Heese

Freddie antwoord:

Marié en Chris,

Baie dankie vir julle bydrae!

Hoe meer ons aan hierdie poging werk, hoe meer kom ons tot die besef wat die waarde toevoeging is van hierdie applikasie.

Net bloot die feit dat ons julle bydraes kan publiseer maak die toepassing so uniek en ook vir elke klasmaat wat bydra. Vir ons is dit ‘n elektroniese jaarboek van 1977, tot hede en dit wat nog voorlê in die toekoms.

Ons beleef reeds ‘n positiewe opgewondenheid tussen die klasmaats rondom die herontmoeting wat moontlik is.

Moet asseblief nie huiwer om nog vir ons te skryf nie.

Ek het die aanmerking geniet rondom die “galery” spelling. Die skakel op die hoof spyskaart, sal die programeerders moet verander vir my. Ek gaan hulle nou vra om dit ten minste te verander. Lekker gelag,

Baie vriendelike groete,

Matrieks 1977

Personeel 1977

Personeel Empangeni Hoërskool 1977

Assistente

Oorlede

Mnr.Corbett, Mnr. T Joubert, Mnr.J Venter, Mnr. (Asjas) Steenkamp Metaalwerk 1977

Mnr.C Corbett

Mnr. C Corbett (oorlede) Hoof 1977 EHS

Dr. Vorster

Hierdie "kiekie" is aan my besorg deur my suster Sarie Snijman. Sy verskyn natuurlik hier saam met Oom Dawie. Matriek afskeid 1981.

Mev. Judith Van Tonder

Mev. Judith Van Tonder saam met haar dogter Chanelle.11 Maart 2003

Reunie Met Dr.D. Vorster 21 Desember 2009

21 Desember 2009 en ons her ontmoet Oom Dawie weer na 32 jaar. Wat 'n wonderlike voorreg was dit vir ons! Die 1977 matriek maats wat die geleentheid kon bywoon was: Chanelle Kruger (Hoofmeisie), Hennie Van Vuuren, Freddie Snijman,Deborah La Grange, Ina De Beer, Marietjie Le Roux en Ronelle Badenhorst. Groot dank en waardering aan Chanelle en Ina wat die poging van stapel gestuur het.Verseker was dit 'n sukses en groot opgewondenheid. Dankie Ina dat ons die aand/funksie by julle plek kon gehou het. Dankie aan Oom Dawie dat jy die aand met ons saam kon deurbring. Baie dankie aan die gades en metgeselle wat ook saam met ons geniet het. Ons het aangenaam gekuier, gebraai en nadat Oom dawie vir ons tafelgebed gedoen het, het ons lekker samesyn geniet en heerlike kos geniet. dankie aan die wat die braai werk vir ons gedoen het. Ons het baie fotos en videos geneem waarvan sekeres hier besigtig kan word.

Die foto bo hou Oom Dawie, trots en spoggerig, 'n sportsak omhoog wat in ons tyd gebruik was, en nie een van ons kon ons eie sakke so wys nie, en Oom Dawie het syne nog al die jare! Ons kon ons oe en ore nie glo nie.

  Dr.Vorster en Chanelle Kruger...groot vreugde!

 Oom Dawie en Chanelle en die jare oue EHS sportsak weer. 

 Oom Dawie en Freddie Snijman.

Ina en Oom Dawie in gesprek.

 Leerkragte 1977 Empangeni Hoërskool.

Mnr Corbett en ander leerkragte en personeel