Artikels

2009-01-25

Hennie (Boef) en Freddie se fietstoer in Junie 1977 vanaf Ginginglovo na Rampsgate en terug

Dit was gedurende ons matriek jaar van 1977 in Empangeni Hoërskool. Laat in ons std 9 (1976) besluit ons om laf te raak en iets konstruktiefs te doen gedurende die 1977 Junie vakansie….”after all”, moes ons breek van die koshuis, rus EN sielkundig voor berei vir die rekord en eind eksamens. (asof ons op hierdie stadium daaroor bekommerd was..☺)

Wel, so het ons besluit, die roete gaan wees, spring weg by Freddie se huis in Ginginglove, ry al teen die kus af, deur Durban, (hie-hie,…. hieroor ook later) tot op die grens tussen Transkei en Natal, die suidkus, tot anderkant Rampsgate. Ek (Hennie) moes toe ‘n fiets leen, kon toe ook net ‘n 5-spoed in die hande kry, want kyk, 10-spoed was ‘n “luxury” wat Freddie wel gehad het. Wat neem ons saam- want onthou,- ons is op die fietse. So besluit ons toe op die volgende (gedeel tussen ons):

• 1 pakkie suiker

• 1 pak Pro-Nutro

• 1 ketting en slot (om die 2 fietse mee toe te sluit)

• 2 slaapsakke

• 1 stel hemp, broek, onderklere en kouse

• 1 toilet rol

• 2 bekers en lepels

• “Bietjie” geld

• Benodigdhede vir ‘n pap wiel.

Die toer het ons 9 dae geneem om heen en weer te ry. Die skofte was so ongeveer 60km per dag en ons het so net meer as 600 km gery. Ons het ‘n ooreenkoms gehad dat Freddie net met 5 ratte mag ry om die saamry makliker te maak…en was dit ongemaklik vir hom…hie-hie.

Op die eerste dag het my Ma-hulle ons op pad na Ballitoville langs die pad gekry. Ons het lekker verversings gehad, gerus en die pad toe verder aangevat. In Ballitoville het ons in die parkeer area gerus, met die idee om hier te oornag, en ek was nie links van die regering nie,,,,gaan sommer in die gebou in en vra mense vir kookwater. Wat gebeur toe, met my “charms” en verduideliking van ons toer, bied wild vreemde mense ons plek in hul huis aan om te oornag.

Die volgende dag val ons in die pad, Warner Beach toe (ons volgende oornag plek). Op pad kry Freddie sy eerste teenspoed, ‘n pap wiel. Ons was mos toegerus en maak die wiel net daar en dan reg! In Warner Beach sit ons by ‘n busstop en rus, wonder waar ons daardie nag gaan oorslaap…op die strand, in die spoorweg stasie se wagkamer, parkeer area….wel, toe vra ‘n verbyganger ons of hy kan help? Ons lyk mos so verlore!! Ons verduidelik alte graag waarmee ons nou wroeg. Hy vertel ons van sy vakansie woonstel wat leeg staan en ons is baie welkom om dit vir die aand te gebruik. Ai…weereens is ons gelukkig!

Kwart voor ses die volgende oggend val ons weer in die pad op pad na ons volgende stop, Scottburgh. Ons was skaars op pad, toe moes die polisie ons afkeer. Hie-hie, watter skok. Ons sien toe al hoe slaap ons in die tronk, weet toe ook nie waaroor nie, maar voel sommer skuldig!!! Nee, sê hulle vir ons, ons mag nie met die fietse op hierdie spesifieke pad ry nie (Dit was toe die Nasionale deurpad). Ons sê toe ons sal nie, maar wat….gaan ons luister? Nee, ons besluit toe om verder te ry en wragties, daar trek ‘n tweede polisie voertuig ons af. Wel, ons was genoodsaak ons omtrent 1 km met die fietse te loop totdat ons ‘n afrit gekry het wat ons na die “ou” suidkus pad geneem het.

Die volgende skof was na Scottburgh. Hier het ons by die stasiemeester oornag, juis toe ons vir hom toestemming vra of ons in die wagkamer kon oornag. Hy kon dit nie oor sy hart kry nie en het ons by sy huis laat slaap. Ai, om te dink ‘n mens het daardie tyd sulke goeie mense gekry. Omstandighede het mense vandag hard gemaak en minder laat omgee vir ander!! Ek het ook nog ‘n rugsak moes leen omdat ek self nie een gehad het nie, en diè het vol olie geraak. Ek het baie gesukkel om hierdie sak weer skoon te kry.

Die dag daarna, val ons weg Port Shepstone toe. Gedurende hierdie stukkie skof het ons seker die mooiste natuur tonele gesien, veral in die Umtwalume vallei. Op pad Port Shepstone toe loop dinge vir ons baie skeef. Eerstens ry ons toe ‘n verkeerde pad en kom dit eers agter, na omtrent 1,5 km. Ons moes maar gedweë omdraai en terug ry…..Ons was nie baie ingenoë met onsself nie! Daar het ons seker een van die steilste opdraendes op hierdie toer gekry….die Umzube vallei. Hier het ons maar die fietse teen die steilte op gestoot, was net te steil om te ry! Ai, en van die foto’s wat so langs die pad geneem is, veral die skelm foto’s…iets om te waardeer!

Nou-ja, die laaste skof na die Suide, op pad Port Edward toe. Interessant dat ons teen hierdie tyd die afstande aansienlik vinniger kon aflê omdat ons redelik fikser was as toe ons weggetrek het.Hier het Freddie se tweede problem opgeduik. Weereens ‘n pap wiel. Ons het ook vir een van ons matriek maats hier op Port Edward Karavaan park raakgeloop, Pieter Roos. Hy het sommer ewe fluks ons gehelp om Freddie se wiel (fiets se wiel ☺) reg te kry! Ons het op die vyfde dag (Vrydag) daar rondgery, self af tot op die grens tussen Natal en Transkei.

Ons het toe terug gery noordwaards, Ginginglovo toe. In Durban aangekom, het Polisie ons weerneens voorgekeer, maar diè keer om ons ‘n geleentheid aan te bied deur Durban. Hulle laai ons en die fietse agter in die vangwa en neem ons reg deur Durban tot op die Noordkus. Laai ons af by die Slangpark en daar gaan ons verder. Ons het nie juis baie ver gevorder nie, toe trap Freddie sy fiets se een trap mors af! My fiets se ratte het ook probleme gegee en ek kon glad nie ratte ruil nie. Wel, ons kon toe nie verder met al hierdie probleme nie en ryloop met die Fietse terug Ginginglovo toe. Darem nie te ver “ge-jippo” nie…hie-hie!

Dit was die einde van ‘n wonderlike avontuur! Iets wat ons altyd sal bybly. Wat indrukwekkend was,… ons het nie een keer die slaapsakke nodig gehad nie, want ons het elke aand oornag by vreemde, vriendelike mense…..

Vriendelike Groete

Hennie (Boef) en Freddie 

2009-01-10

1ste SPAN HOKKIE TOER (Deur Sandra Botes)

Ons kry toe so wraggies ‘n boete met die skool se bussie binne-in die wildtuin, die arme diere……

Ons ruk almal vorentoe en die bussie kom geweldadig vinnig tot stilstand….Ek skrik my boeglam “dit moet ‘n bok of leeu of dierasie wees wat voor ons in die pad gespring het????” Voor op die trollie soos mens is, as jy jonk is, steek ek nog my kop by die bussie uit ook ewe nuuskierig om te kyk of dit ‘n bok of leeu of watter dier ookal

is , net om te sien dit is ‘n bruin bok wat eintlik ‘n “Spietkop” is!

Ek wens my kamera was in my hand om Mev van Tonder te snap,

haar gesig het boekdele gespreek, dit was immers die skool se bussie, en het ons dan nou werklik so vinnig gery? “ ja”, sê die mannetjie en begin skryf, ons het almal so groot geskrik, ek kan nie eens onthou of sy uitgeklim het om te gaan kyk wat die spoed was nie, maar as mens nou so lekker toer en so lekker gekuier het soos ons, kom jy dalkies nie eens agter as jy so lekker ry nie????????

Chanelle kan hier insae byvoeg……..

Sandra 

2009-04-23

Christina Stapelberg

Hello Almal

Ek sit hier op hierdie koel wintersoggend en voel sommer net baie, baie opgewonde.

Ja, ons het nou 2 gebeurtenisse wat ons sommer so saam gaan feesvier oor in Junie.  Eerstens maak Inus Junie klaar met sy graad en in dieselfde week kom Christiaan en Cornell vir ons kuier.  Dit is vir ons 'n groot, groot gebeurtenis.

Christiaan en Cornell wou nou Desembermaand 2008 vir ons kom kuier het, maar in 'n mate is ek bly dat dit toe nie so gebeur het nie, want Ivan se ouers het toe kom kuier.  Ja, ek weet dit klink vreemd, maar elke kuier is vir ons baie spesiaal en om WERKLIK elkeen op sy eie te kan geniet en waardeer, is dit maar net beter dat mense nie saam kom nie.  Noem dit net wat julle wil, maar ek sien vreeslik daarna uit om my kinders net vir myself te hê en hulle ten volle te geniet en te bederf.  Inus sê hoeka die ander dag dat hy wens sy boetie was hier.  Ek is toe so beindruk met hom oor hy na sy boetie verlang, maar hy was baie vinnig om my reg te help en te sê dit is nie dat hy verlang nie (leuenaar!!!!), maar oor hy net wens Christiaan kon 'n bietjie van die aandag wat ek alles aan hom, Inus, gee.  Toe moes hy hardloop!!!!!!

Ons het 'n baie, baie groot special gekry op die Overlander, (trein) wat Wellington toe gaan.  Die normale kaartjies is blykbaar $130 en op en ons het moes spook om die goedkoopkaartjies te kry van $45 elk.  Nou spook ons weer om blyplek te kry, want ons is vir al die plekke net 1 te veel, maar dit gaan nie ons spoed breek nie, want ons gaan so lekker met die kinders kuier.  Om te dink ons het laas as familie saam gewees in 2006!!!! 

Ek het ook vir Inus gevra om te kyk of hy minder kan werk daardie tyd, want dit sal lekker wees as hy alles saam met ons kan meemaak, en tot hy het gesê hy gaan kyk of hy heeltemal af kan wees.  Ag, ek dink elkeen van julle met 'n moederhart mag dalk met my my opgewondenheid deel.  Dit gaan so, so, so lekker wees om net as gesin weer saam te wees.  Gelukkig het ons dan ook 'n kar waar ons net mooi kan inpas, mits Cornell dalk net 'n paar skoene of twee minder kan saambring.  Dan sal ons tot almal in die kar saam pas en kan ons lekker kuier terwyl ons ry!!!!!!!

Ivan het hoeka die ander dag vir my oor skype gesê dat die klomp beplan weer vlugtoetse net mooi in die tyd wat die kinders hier is, maar toe het hy vir hulle gesê dat hy dit nie dan sal kan maak nie.  Dus, die ou vader hart is ook baie opgewonde, al wil die mansmense dit nie altyd wys nie.

Nou ja, ek kan aangaan en aangaan en ek dink julle sal moeg word vir my, maar ek is regtig nogal heel opgewonde.  Rus nou al, want ek gaan BAIE foto's stuur.   En miskien moet julle maar vir die kinders sterkte toewens, want ek gaan hulle OP GEBRUIK!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Mag julle 'n heerlike naweek beleef.

Liefde

Ekke

2009-01-10

MARTIE BUYS (de Beer) Hokkie wedstryd EMP HS vs KUSWAG HS

Hierdie was nou toe ons nog baie jonk, mooi en fiks was, Martie moet my reg help hier as ek verkeerd is, ek weet Martie het ook op Kwambonambi gewoon as ek my feite reg het, ek dink nie sy was in die koshuis nie, dis moontlik maar ek dink sy het met die bus gery, saam Anton Prigge, Breggie Tiran en Hendri sy van ontwyk my, hy was engelserig en het ook soos 'n Engelse kind gelyk.....

Nieteenstaande die storie het so geloop, ons het teen Kuswag gespeel net buitekant Durban, Martie moet maar die feite regmaak as dit nie 100% korrek is nie, dit was vir jou 'n redelike rowwe wedstryd, en soos almal sal weet hokkie is nie vir sussies nie jy moes maar die "punch" kon vat of soos Hennie van Vuuren sou sê jy moes "guts" hê!


Dit was 'n op en af wedstryd en Martie het "Back" gespeel en kon ook 'n bal doodstop, ek dink die outjies was redelik bang vir my en haar, wel Theuns Steenkamp het een keer so gesê......ons het net aangeval en nooit gewag vir hulle voory om te kom nie, Chanelle kan dit bevestig.

Martie en een van die ander span se doedies het gebots en dit was 'n redelike impak hout op soliede hout!!!! Die vakmanskap daardie jare was nie vergeleke met vandag se produkte nie dit was regte taai harde hout…..

'n Hokkie bal hardloop met 'n oongelooflike spoed teen 'n stok op as hy met die regte "angle" of hoek die stok se onderkant tref en so was dit ook.......

Daardie bal wat met mening geslaan was het opgehardloop en voor jy kon sê mes was dit net bloed en het sy die veld verlaat met 'n gebreekte neus, eina pyn, ons was so verslae en doodstil, maar die wedstryd het aangegaan, Dit het gevoel of ons toe nou nog net harder gespeel het.

Mens moet seker nie spog nie, maar ons was onoorwonne reg deur tot in die Noord-Transvaal met ons toer, en tot my spyt was Saamwerk Hoërskool in Durban die engiste skool wat ons 1ste span ooit 'n pak gegee het en die ergste van hierdie nederlaag en 'n bitter pil vir my om te sluk was dat my niggie net so oud soos ek, toe in Saamwerk se span was, ons aardsvyande.......Saamwerk Hoërskool!!!!!

Dit was wonderlike jare en Chanelle was 'n uitstekende kaptein, en ons was 'n span in gees en het die ding gedoen wanneer ons moes, hoekom???? ons het vir die liefde van die sport gespeel, jonk, fiks en vol idees, en vry soos die wind......vir ons skool .

Die BELANGRIKSTE van als ons afrigter Mev van Tonder, sy was iemand met 'n ysterhand en dit was reg of weg, wil jy ry of wil jy bly en sy het dit ook so aan jou gestel!!!!!!!! Sy het my geleer hoe speel 'n mens eintlik met 'n bal en stok, sodat jy die meester van die bal is en nie andersom nie, I LUV ALL SPORTS TILL 2DAY!!!!

Dankie aan almal wat daardie sorglose dae moontlik gemaak het en vir ons SKEPPER wat ons ‘n wonderlike jeug besorg het!!!!!

Sandra Botes

1ste hokkie span

EMP HS 

2009-01-09

Drilpeloton Sersant Empangeni Hoërslool Matriek 1977

Opgedra aan die drilpeleton van 1977

Kom ek vertel julle hoe ek die drilpeloton sersant titel verower het in 1977.

Wel, die eerste rede was die drilpeloton lede wat hulle goed van hulle taak gekwyt het. Tweedens het ons mos natuurlik hard ge-oefen. Wie kan onthou hoe ons tydens reën dae in die gange moes oefen, want die finale kompetise het voorgelê en oefen moes ons oefen.

Terwyl ek by die gange is. Die gange oefen het sy voordeel ingehou wat ek eers na die tyd besef het. Dit het gehelp om ons voetestamp geluide beter te hoor, want die eggo was anders in die gange op die sement vloere vergeleke op grond. So kon ek dus ekstra aandag gee aan die gelyk neersit of stamp van die voete van die hele pelton en korreksies maak. Sekerlik het my stem ook anders geklink. Gepraat van stem. Die dag of twee voor die kompetisie het my stem weggeraak van die harde stemwerk saam met die peleton. Ek onthou een van die koshuis matrones het my iets soos melk en heuning gevoer om my stem te laat herstel. Wel dit het gewerk!

Derdens die hulp en ondersteuning van Mnr. T Joubert, wat ons eintlik toegelaat het om ons eie ding te kon doen.

Dan was daar die vierde rede.

Almal weet mos dat Newcastle HS die drilpeloton blou ogie was vir jare aanmekaar, maar definitief was ons nie gelukkig daarmee nie, dus moes ons deur hierdie arrogante houding van hulle breek. Daardie jare het dit gevoel en gelyk asof Newcastle se drilpeloton groot uitgegroeide mans sodate is met harde baarde en ons Empangeni peloton word op neergekyk daar van bo af.

Nou eers ‘n stukkie agtergrond vir die wat nie die termes van soldaat wees verstaan nie.

Eerstens salueer ‘n peloton lid (kadet) nie ‘n onder offisier nie, ook natuurlik nie die sersant vir die adjudant – offisier nie. Die funksie geld net van onder offisiere tot offisiere en junior offisiere weer na senior offisiere. Hierdie informasie het ek reeds geweet tydens my Std. 8 klas toe ek begin dril het. Ek het mos geweet ek wou “army” toe. Nog kennis wat ek vroeg gehad het as kadet was dat die senior sersant majoor (regiment sersant majoor) as “RSM” aangespreek word. Jy sien die bogenoemde informasie word normaalweg eers aan jou geleer die dag as jy inklok vir nasionale diensplig.

Nog agtergrond.

Die dag van die kompetisie het die Newcastle peloton voor ons opgetree. Ons Empangeni Hoërskool Peloton het heeltemal aan die verste oorkant van die veld gestaan en wag, en die van Newcastle was by die hoof pawiljoen. Hulle het daar gestaan, want hulle het geleer om net een plek op die veld aan te meld sodra die sersant die pelton oproep vir aksie. Dit was hulle en die sersant van Newcastle se eerste fout! Die tweede fout van Newcastle se drilpeloton sersant was toe hy aanmeld by die RSM om toestemming te kry om die peloton op die veld te masjeer. Hy salueer mos toe die RSM! Sy derde fout was om die RSM aan te spreek as “oom” . Ek onthou daardie RSM se gesig wou ontplof oor die jong mannetjie wat hom “oom “ noem. Die RSM van die parade vra toe vir die Newcastle drilpeletonsersant om sy peleton aan die oorkant van die veld op te bring. Toe antwoord die outjie van Newcastle die RSM:”Ek kan nie oom, ons het geleer om net hierdie kant op te masjeer”. Dit was sy vierde fout in ‘n tyd spasie van een minuut!

Hoe weet ek die inligting? Ek het mos geweet my beurt was volgende en het reeds my peleton oorkant verlaat en was reeds gereed om die RSM van die parade te nader vir toestemming, toe ek naby genoeg gestaan het en die hele petalje van die Newcastle drilsersant aanskou en aangehoor het.

Toe Newcastle peloton klaar opgetree het, toe was dit my beurt en ek het nog steeds net links van die RSM gestaan en wag.

Ek nader toe die RSM, staan ordentlik op aandag voor hom, salueer hom nie (soos wat dit ‘n soldaat betaam) en rapporteer toe:” RSM, die peleton van Empangeni Hoërskool gereed om aan te meld”. Onmiddellik het ek die RSM se reaksie in sy oë waargeneem dat hy nie kon glo ek spreek hom reg aan as RSM nie. Ook die feit dat ek hom nie salueer nie. Die RSM probeer toe nog een slag en hy vra my toe baie sarkasties:”Nou waar wil jy op die veld op masjeer met jou peleton?” Ek antwoord toe:”waar wil RSM hê moet ons opkom?”

Freddie Snijman wen drilpeleton sersant en verower ereklere daarvoor laat in 1977. Die peloton het tweede ge-eindig. Ek glo tot vandag toe dat ons peloton ook moes wen, maar my eie mening is dat politiek reeds daardie jare bestaan het, en hoe kan Newcastle peloton dan nou nie wen nie?

Genoeg van my, ek kyk uit vir julle bydraes.

Freddie