Empangeni Hoërskool Afrikaans Medium Matrieks 1977

Welkom hier by ons Empangeni Hoërskool Afrikaans Medium Matrieks 1977 webtuiste.

Let wel hierdie is nie die webtuiste van die Empangeni Hoërskool self nie, maar eerder die matriekklas van 1977 wat hulle ervaringe, reünies  en artikels hier saamvat om te deel met belangstellendes.

Hierdie webtuiste ondersteun ook nie die Engelse medium matrieks 1977 nie, bloot omdat dit net eenvoudig tydrowend was net om die Afrikaanssprekende navorsing onder die knie te kon kry en nie eers te praat van die onderhoud van die webtuiste self nie. 

Ons het egter in 2009 uitdruklik van die engelssprekende medium matrieks gevra om hulle navorsing met ons te deel, maar daarvan het regtig niks gekom nie.

Met vorige reünies  was engelssprekende matrieks wel uitgenooi na van die afrikaans sprekende reünies  toe, maar weer eens verstaan asseblief dat ek en die ander wat my behulpsaam is, net nie daardie  tyd en verseker nie vandag die tyd het om engelsprekende matrieks 1977 navorsing by te werk nie.

In 2009 het ek self (Freddie Snijman), Hennie van Vuuren en Sandra Botes die wiel aan die rol gesit vir ons 2009 reünie  poging.

In die jare wat daarop volg tot en met hede is Johan en Chanelle in beheer van sake en ons is behulpsaam waar nodig. 

Verstaan asseblief dat informasie op die webtuiste geplaas word met  informasie tot ons beskikking en dat baie ander maats se informasie en aktiwiteite mag kort kom en daarom nie geplaas is nie, net so met beskikbare leerkragte fotos en informasie.

Mnr. C Corbett

Dr. Dawie Vorster: Grad School: Universiteit van Pretoria/ Unisa/Natal '59 BA; B.Ed; M.Ed; D.Ed; IVS;CEA, Onderwys High School: Hoërskool Ben Viljoen '55 Employer:Natal Education DepartmentPosition:Headmaster: Port Natal HoërLocation:Durban, South Africa 

Dr. D.C.F (Chris) Heese, 1977 Adjunkhoof Empangeni Hoërskool.

Hoof Prefekte

Johan Badenhorst en Chanelle van Tonder

Prefekte 1977