JOIN OUR MAILING LIST
Nuusbrief/Blog


2009-07-09
Opvolg Reünie Kostes 09 Julie 2009


Matrieks Afrikaans 1977 EHS, 

Ek het nou op die ingewing van die oomblik besluit om hierdie opvolg nuusbrief aan julle te rig, maar dit is ook belangrik dat ek nie oor reageer nie en ons menslik en met volwassenheid soek na oplossings. 

Noem dit dat ek eerder voorkomend wil optree, as wat geen beplanning of beheer toegepas word nie. 

Ek wil julle daaraan herinner, soos vervat in my vorige nuusbrief aangaande die reünie kostes en bywonings getalle, dat die kostes vir bywoning bepaal is volgens die maats wat aangedui het dat hulle die reünie gaan bywoon. 

Daar is reeds twee gevalle (vier persone) wat ontrek het (waarvan beide pare wel ingestem het om hulle bydraes wel in te betaal, ongeag  hulle afwesigheid en duisende dankies daarvoor en vir die feit dat julle verstaan) en miskien nie bewus is daarvan dat dit 'n negatiewe effek het op die kostes reeds bepaal nie. Ons kan tog nie verwag dat die maats wat bywoon die ander moet subsidieer omdat ander ontrek het nie? Hoe doen mens dit in elkgeval in die proses waarin ons, ons  reeds bevind? 

Die deposito's reeds betaal is ook nog nie eers verhaal nie, aangesien nog net 'n skamele klompie maats gereageer het op die inbetalingsfooie wat ons dringend benodig. 

Ons teikendatum vir die inbetaling van die fooie is 15 Julie 2009. 

Sewe en veertig koppe (eintlik 52) behoort by te woon (soos deur maats aangedui) om die poging te laat slaag. So elkeen wat nou ontrek, vergroot ons risiko van mislukking? Om dit te verhoed is ons genoodsaak om jou betaling te ontvang as jy ontrek. 

Baie dankie aan die wat reeds inbetalings gedoen het. 

Ek bly positief dat ons gaan slaag. 

Vriendelike groete


Freddie

Terug Terug na bo