JOIN OUR MAILING LIST
Nuusbrief/Blog


2009-06-03
Reünie Informasie


Matrieks Afrikaans EHS 1977

Die tyd  vir die reünie kom nader en ek raak al hoe meer opgewonde om julle almal op een slag te kan groet en met julle te kan gesels.

Korrek! Ek het nog nie die venue in Durban kon vasvat nie, en glo my dit is onder my aandag op ‘n daaglikse basis.

Ek wil egter die volgende informasie met julle deel:

1.       Die program vir Vrydag aand is ‘n  skemerkelkie byeenkoms.

2.       Saterdagoggend ontbyt ons saam by ‘n restaurant tipies ‘n Dros/Wimpy of wat ook al in die omgewing is.

3.       Satermiddag ongeveer 13:00 handel ons al die toesprake af. Niks langer as ‘n half uur of so nie.

4.       Dan kuier ons. Wat ek nog nie weet nie, omdat ek nie die venue in plek het nie, is of ons ’n “buffet” gaan geniet of byvoorbeeld iets op die spit. Dit hang net alles af van die venue situasie.

5.       Die DJ speel musiek van 12:00 af tot 24:00 Saterdag aand.

6.       Die videoman neem video van die skemerkelkie geleentheid en dan ook weer Saterdag heeldag.

Kostes:

1.       Min of meer om julle net ‘n idée te gee.

2.       Die DJ se kwotasie is R2800-00. Die videoman R4800-00. Robertson rooiwyn gebottel met hulp van Johan Du Preez (Paddatjie) met “label” R60-00 per bottel.DVD afskrif R80-00 en dan RAAI ek ongeveer R200-00 per kop vir die ete en skemerkelkie.

3.       M.a.w. in totaal so ongeveer R500-00 per kop wat alles insluit.

4.       Onthou, die ontbyt Saterdag oggend, jou vervoer en verblyf is op jou eie onkoste.

5.       Julle is nie verplig om die dvd afskrif aan te koop nie.

6.       Ekstra wyn sal te koop beskikbaar wees. Rooi wyn wat vir so 5 jaar gebêre kan word, aldus Johan Du Preez.

Dan het ek julle hulp nog nodig:

1.       Die wat my nog nie laat weet het wie gaan die reünie bywoon of nie, om so spoedig moontlik my te verwittig.

2.       Ek moet julle geld invorder so spoedig moontlik, en daarom sal ek in samewerking met Hennie Van Vuuren en Chanelle Kruger ‘n spaar rekening moet gaan open om julle geld in te samel. Die DJ, videoman en venue vereis depositos van ons.

Dit vir eers en baie groete,

Freddie


Terug Terug na bo