JOIN OUR MAILING LIST
Nuusbrief/Blog


2009-04-23
Christina Stapelberg


Hello Almal

Ek sit hier op hierdie koel wintersoggend en voel sommer net baie, baie opgewonde.

Ja, ons het nou 2 gebeurtenisse wat ons sommer so saam gaan feesvier oor in Junie.  Eerstens maak Inus Junie klaar met sy graad en in dieselfde week kom Christiaan en Cornell vir ons kuier.  Dit is vir ons 'n groot, groot gebeurtenis.

Christiaan en Cornell wou nou Desembermaand 2008 vir ons kom kuier het, maar in 'n mate is ek bly dat dit toe nie so gebeur het nie, want Ivan se ouers het toe kom kuier.  Ja, ek weet dit klink vreemd, maar elke kuier is vir ons baie spesiaal en om WERKLIK elkeen op sy eie te kan geniet en waardeer, is dit maar net beter dat mense nie saam kom nie.  Noem dit net wat julle wil, maar ek sien vreeslik daarna uit om my kinders net vir myself te hê en hulle ten volle te geniet en te bederf.  Inus sê hoeka die ander dag dat hy wens sy boetie was hier.  Ek is toe so beindruk met hom oor hy na sy boetie verlang, maar hy was baie vinnig om my reg te help en te sê dit is nie dat hy verlang nie (leuenaar!!!!), maar oor hy net wens Christiaan kon 'n bietjie van die aandag wat ek alles aan hom, Inus, gee.  Toe moes hy hardloop!!!!!!

Ons het 'n baie, baie groot special gekry op die Overlander, (trein) wat Wellington toe gaan.  Die normale kaartjies is blykbaar $130 en op en ons het moes spook om die goedkoopkaartjies te kry van $45 elk.  Nou spook ons weer om blyplek te kry, want ons is vir al die plekke net 1 te veel, maar dit gaan nie ons spoed breek nie, want ons gaan so lekker met die kinders kuier.  Om te dink ons het laas as familie saam gewees in 2006!!!! 

Ek het ook vir Inus gevra om te kyk of hy minder kan werk daardie tyd, want dit sal lekker wees as hy alles saam met ons kan meemaak, en tot hy het gesê hy gaan kyk of hy heeltemal af kan wees.  Ag, ek dink elkeen van julle met 'n moederhart mag dalk met my my opgewondenheid deel.  Dit gaan so, so, so lekker wees om net as gesin weer saam te wees.  Gelukkig het ons dan ook 'n kar waar ons net mooi kan inpas, mits Cornell dalk net 'n paar skoene of twee minder kan saambring.  Dan sal ons tot almal in die kar saam pas en kan ons lekker kuier terwyl ons ry!!!!!!!

Ivan het hoeka die ander dag vir my oor skype gesê dat die klomp beplan weer vlugtoetse net mooi in die tyd wat die kinders hier is, maar toe het hy vir hulle gesê dat hy dit nie dan sal kan maak nie.  Dus, die ou vader hart is ook baie opgewonde, al wil die mansmense dit nie altyd wys nie.

Nou ja, ek kan aangaan en aangaan en ek dink julle sal moeg word vir my, maar ek is regtig nogal heel opgewonde.  Rus nou al, want ek gaan BAIE foto's stuur.   En miskien moet julle maar vir die kinders sterkte toewens, want ek gaan hulle OP GEBRUIK!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Mag julle 'n heerlike naweek beleef.

Liefde
Ekke


Terug Terug na bo