JOIN OUR MAILING LIST
Nuusbrief/Blog


2009-03-24
Reünie Datum is 7-8 Augustus 2009


Reünie datum Matrieks 1977 Afr. Medium EHS gedateer 24 Maart 2009.

Gegroet Matrieks 1977 Afrikaans en Leerkragte 1977 EHS.

Kom ons begin hierdie nuusbrief in ‘n ligte bui. Ek maak die uitslag bekend  van die stem poging  van die mooiste ou in 1977 vraelys.

Volgens my statistiek; analise het daar meer mans deelgeneem aan die mooiste-meisie stempoging, as wat daar dames  gestem het vir die mooiste ou. Oom Dawie, nou wonder ek mos van watter kant die “moeilikheid soek” nou eintlik gekom het? Van die mans se kant af of die dames se kant? Kom ons hanteer die resultate in ‘n ligte luim.

Uitslag: 10 dames het gestem. Die manne wat die meeste stemme getrek het was: MP, Rufus, Jan, Willem, Andre, Karel en Jap.

Wat ‘n interessante uitslag! 

Op ‘n ernstiger noot:

DIE GEKOSE REüNIE DATUM IS 7 EN 8 AUGUSTUS 2009.

Vandat ons die webtuiste begin het op 06 Jan 2009 tot en met hede is die uislag as volg:

1.     Plus minus 35 stemme is getel.(Uit totaal van 63 uit). Dus omtrent net die helfte van die wat ons op die boeke het??

2.     26 September 2009 ontvang 24%

3.     03 Oktober 2009 ontvang 10%

4.     24 Oktober 2009 ontvang 21%

5.     31 Oktober 2009 ontvang 34%

Die vier datums was aanvanklik voorgestel omdat ons gedink het dit die meeste menses sal akkomodeer. Realiteit het egter op die teendeel bewys,daar is verskeie probleme aangaande die voorgestelde datums, wat ons op ‘n nuwe datum laat besluit het. Die finale datum is dus die naweek van  7-8 Augustus 2009. Ek hoop dat hierdie naweek die meeste van julle sal pas. Ons wil regtig soveel as moontlik van julle daar hê.  

Die webtuiste het ons aanmekaar gebind, ons weer aanmekaar voorgestel en hopenlik gaan dit nie sommer ‘n einde hê, solank as wat ek daarvoor verantwoordelik is nie. Dit sal verseker die kersie op die koek wees as ons mekaar weer in die oë kan kyk en hande kan skud. So ‘n geleentheid kry mens nie maklik nie.

Tyd is van kardinale belang. Verdere inligting oor akkomodasie, kostes en ander beplanning volg eersdaags.  

Pak die tasse, kry die vliegkaartjies, verloor gewig, maak die stukkende knieë reg, ons gaan kom kuier!

Weereens dankie aan Sandra, Hennie, en Rene vir hulle reuse poging. Daar is nog iemand wat erkenning moet kry, sy is in die agtergrond en sal bekend gemaak word by die reünie byeenkoms.

Vriendelike groete

Freddie 


Terug Terug na bo