JOIN OUR MAILING LIST
Nuusbrief/Blog


2009-01-28
Fotos 2009


Gegroet Leerkragte 1977 em Matrieks Afr. Medium 1977 Empangeni Hoërskool,

In kort, stuur gerus aan my, per epos, fotos van julle onlangs en hede. Bly in jpeg formaat asseblief en hou die groottes van die fotos so tussen 150 en 500 KB.

Ons het meer plek nou op ons webtuiste om nog meer fotos aan te spreek. Tans word ons webtuiste die meeste besoek in die "Klasmaats 1977" skakel, dan die foto galery en dan volg die nuusbriefies. Dus stel ek graag voor, ons die klasmaats profiele, cv's en gesig fototjies kan aanspreek.

Onthou, ek soek ook nog gesig fotos om jou plekkie op die webtuiste vol te maak. Moet ook nie vergeet om sommer per epos, direk aan my 'n kort cv te rig nie. Sommer so iets van 1977 af tot hede. Julle kan dit selfs met die hand uitskryf en vir my faks na 0866266618.

My epos adres is: freddie@kwikwap.co.za

Onthou ook om te stem vir die reünie datum.

Baie dankie dat julle die woord versprei, oor dit wat vir ons almal 'n opgewondenheid geword het.

Baie groete,

Freddie

Terug Terug na bo