JOIN OUR MAILING LIST
Nuusbrief/Blog


2009-01-23
Webwerf Besoeke en Stem Poging


Gegroet alle 1977 Afrikaans Medium Matrieks, en Leerkragte 1977 Empangeni Hoërskool,

Ons webwerf besoeke is besig om dramaties toe te neem. Dit beteken iemand êrens, almal, oorsee en wie weet waar is besig om na ons te kyk. Dit is goed so en dit is wat ons wil bereik.

Gister het meer as driehonderd rekenaars geland op ons webtuiste en digby 100 x selfone en dit alles op een dag!

Ons is reeds oor die 2000 merk besoeke en dit in 'n geweldige kort tydjie. Nie eers volle twee weke nie.

Weet julle wat trek die meeste aandag op hierdie stadium? Dit is die "Klasmaats 1977" skakel. Ons word die meeste hier besoek. Die probleem is egter dat ongelukkig is dit die afdeling wat die minste op datum is!
Dit is die afdeling waar ons jou fototjie wil plaas en 'n kort cv nodig het van jou vanaf 1977 tot hede. Indien hierdie afdeling aandag kry sal dit die toegevoegde waarde vermeerder.

Die tweede skakel wat belangrik is, is die "Nuusbrief" skakel!

So! Gaan ek julle cv's en fototjies kan publiseer en binnekort ontvang? Gebruik my epos freddie@kwikwap.co.za en stuur vir my aan.

Hou fotos in jpeg formaat asseblief en nie binne in 'n "WORD" dokument vervat nie.

Die cv kan ook na my gefaks word: 0866266618.

Duisende dankies aan Sandra met haar speurwerk om ons almal op te spoor! Die registrasie proses het momentum, maar waar ons ook julle hulp nodig het is om te stem vir die reünie datum.

Ons kan nou ook stem vir die datum van jou selfoon af.(WAP Enabled Selfoon).

Baie groete,

Die Administrateurs,

Terug Terug na bo