JOIN OUR MAILING LIST
Nuusbrief/Blog


2009-01-15
Administrasie Terugvoering


Gegroet 1977 Matrieks en die Onderwysers,

Ons het dit goed gedink om so gou moontlik terugvoering te gee aan almal wat nou reeds geregistreer het.

Ek moet begin met drie genoemde gevoelens en aldrie is baie posetief:

1. Is ek die enigste een wat die afelope week nie kan slaap nie? Is ek miskien te emosioneel so groot mans mens wat ek is en al? Net soos wat ek die herontmoeting met Hennie Van Vuuuren beleef het, sien ek uit na die ontmoeting more met Chanelle ( sy is sommer hier naby my) , en daarom ook die sterk moontlikheid van die reünie.

2. Dieselfde geld vir my, veral as ek reeds die ervaring tans geniet om met Oom Dawie Vorster te kan gesels en hoop ek van harte dat ons die onderwysers ook weer sal kan ontmoet.

3. Die puik resultate van die webwerf poging en die moeite wat julle gedoen het om te reageer na die harde speurwerk van Sandra.

Dit is nie maklik om op die Google soek engin te verskyn nie, veral nie eers as jy soos groot ander instansies duisende rande betaal om goeie resultate op die Google soek engin te kry nie.Ons het dit gedoen in agt dae en is tweede van bo af, net onder die Empangeni Hoërskool webtuiste self. Kyk gerus self wat gebeur as in die SA bladsye die volgende twee woorde in getik en gesoek word: " empangeni hoërskool". Selfs "matrieks 1977" lewer goeie resultate op. Ek wil die webwerf heel bo hê, en met tyd sal hy daar kom!
Ons het ook in agt dae oor die duisend webtuiste besoek gehad! Ongeveer vier dae gelede het die selfoon toegang ook dramaties begin toeneem. Die webtuiste is juis ontwikkel dat dit vriendelik op jou selfoon "browser" vertoon en dit laai baie vinnig op en kos jou omtrent niks (5 tot 10 sent) as jy so bietjie in die tuiste rondloer nie. Ons het net eenvoudig besef dat facebook nie regtig heetemal voldoen aan ons behoeftes nie. Dit is deurmekaar, los en vas in facebook en ons doen beter op ons eie.

Ons teiken datum vir voltooing vir die registrasie proses is omtrent einde Februarie, en dit lyk asof ons dit sal bereik.
Daarna moet ons klaar gestem hê (sien die "stem vir reünie datum skakel op spyskaart) vir die reünie datum teen einde Maart op die laaste, want julle weet net so goed soos ons dat daar dan logestieke en akkomodasie is wat aangespreek moet word.

My visie met die webtuiste is om ons 1977 Empangeni Hoërskool jaarboek, elektronies te vervang vanaf 1977 tot hede, en van hede tot in die toekoms vir die nageslag te bewaar. Die konsep moet net onderhou word. Reünie webtuistes is nie uniek nie, kyk maar op Google en jy sien hulle daar, maar wragtig is ons trots op ons eie wat tegnologies die ander ver voor uit is. Ons vinnige resultate op die Google soek engin, die selfoon toegang en interaktiwiteit eienskappe wat hierdie applikasie het, net om 'n paar te noem.

Daarom, met die tyd, kan dit goed wees as julle kort cv's, 1977 fotos, huidige fotos, huidige video clips (maksimum so een minuut) en 1977 artikels, huidige artikels sommer per epos aan my kan besorg vir publikasie in hierdie tuiste van ons. Stuur ook asb vir my 'n gesig foto wat gepaard gaan met jou kort cv op die spesiale plekkie wat op die tuiste vir elkeen aangebring is. Die voordeel hiervan is dat ons reeds voor die reünie datum weer ons klasmaats maklik kan erken deur die name en gesigte bymekaar te plaas.

Sodoende bly ons op datum en kan selfs aan nog reünies gedink word na 2009.

Met die tyd sal elke geregistreerde klasmaat 'n gebruikersnaam en toegangskode van my ontvang. Dit sal jou in staat stel om die "lede teken in" skakel te kan gebruik. Hierin vervat ek vir jou vertroulike informasie wat ons nie aan die publiek wil vertoon nie. Dit is informasie soos epos adresse en selfoon nommers en die doel is om dit weg te hou van die wat dit kan misbruik.

Rene gaan stelselmatig begin met die logestiek en akkomodasie informasie, waarna Sandra, Hennie en myself ook sal begin inval sodra die registrasie proses in plek is. Tans help Hennie my met die informasie speurwerk wat Sandra so posetief verrig, om dit hier in hierdie webtuiste te vervat.

Neem asseblief deel in die interne elektroniese geselskamer. Jy kan dit sommer van jou selfoon af doen presies soos wat jou kinders dit met "mixit" doen. Of dan van jou laptop of desktop dan. Dit is informasie wat op dieselfde basis vir die toekoms bewaar kan word en kan moontlike interessante leesstof vir die klein kinders word.

Wat is nog oppad?

1. 'n Stem poging vir die stoutse matriek 1977 seun.
2. Die mooiste matriek klas meisie 1977.
3. En nog.....

Voorspoed en vriendelike groete,

Sandra, Hennie, Rene en Freddie

NS. Ek moes toe uitskrywerk doen in elektroniese formaat. Oom Dawie het my uitgevang op die verkeerde spelling van peloton. hehehehehheheeee......

Terug Terug na bo