JOIN OUR MAILING LIST
Nuusbrief/Blog


2009-01-09
Drilpeloton Sersant Empangeni Hoërslool Matriek 1977


Opgedra aan die drilpeleton van 1977

Kom ek vertel julle hoe ek die drilpeloton sersant titel verower het in 1977.

Wel, die eerste rede was die drilpeloton lede wat hulle goed van hulle taak gekwyt het. Tweedens het ons mos natuurlik hard ge-oefen. Wie kan onthou hoe ons tydens reën dae in die gange moes oefen, want die finale kompetise het voorgelê en oefen moes ons oefen.

Terwyl ek by die gange is. Die gange oefen het sy voordeel ingehou wat ek eers na die tyd besef het. Dit het gehelp om ons voetestamp geluide beter te hoor, want die eggo was anders in die gange op die sement vloere vergeleke op grond. So kon ek dus ekstra aandag gee aan die gelyk neersit of stamp van die voete van die hele pelton en korreksies maak. Sekerlik het my stem ook anders geklink. Gepraat van stem. Die dag of twee voor die kompetisie het my stem weggeraak van die harde stemwerk saam met die peleton. Ek onthou een van die koshuis matrones het my iets soos melk en heuning gevoer om my stem te laat herstel. Wel dit het gewerk!

Derdens die hulp en ondersteuning van Mnr. T Joubert, wat ons eintlik toegelaat het om ons eie ding te kon doen.

Dan was daar die vierde rede.

Almal weet mos dat Newcastle HS die drilpeloton blou ogie was vir jare aanmekaar, maar definitief was ons nie gelukkig daarmee nie, dus moes ons deur hierdie arrogante houding van hulle breek. Daardie jare het dit gevoel en gelyk asof Newcastle se drilpeloton groot uitgegroeide mans sodate is met harde baarde en ons Empangeni peloton word op neergekyk daar van bo af.

Nou eers ‘n stukkie agtergrond vir die wat nie die termes van soldaat wees verstaan nie.

Eerstens salueer ‘n peloton lid (kadet) nie ‘n onder offisier nie, ook natuurlik nie die sersant vir die adjudant – offisier nie. Die funksie geld net van onder offisiere tot offisiere en junior offisiere weer na senior offisiere. Hierdie informasie het ek reeds geweet tydens my Std. 8 klas toe ek begin dril het. Ek het mos geweet ek wou “army” toe. Nog kennis wat ek vroeg gehad het as kadet was dat die senior sersant majoor (regiment sersant majoor) as “RSM” aangespreek word. Jy sien die bogenoemde informasie word normaalweg eers aan jou geleer die dag as jy inklok vir nasionale diensplig
.
Nog agtergrond.

Die dag van die kompetisie het die Newcastle peloton voor ons opgetree. Ons Empangeni Hoërskool Peloton het heeltemal aan die verste oorkant van die veld gestaan en wag, en die van Newcastle was by die hoof pawiljoen. Hulle het daar gestaan, want hulle het geleer om net een plek op die veld aan te meld sodra die sersant die pelton oproep vir aksie. Dit was hulle en die sersant van Newcastle se eerste fout! Die tweede fout van Newcastle se drilpeloton sersant was toe hy aanmeld by die RSM om toestemming te kry om die peloton op die veld te masjeer. Hy salueer mos toe die RSM! Sy derde fout was om die RSM aan te spreek as “oom” . Ek onthou daardie RSM se gesig wou ontplof oor die jong mannetjie wat hom “oom “ noem. Die RSM van die parade vra toe vir die Newcastle drilpeletonsersant om sy peleton aan die oorkant van die veld op te bring. Toe antwoord die outjie van Newcastle die RSM:”Ek kan nie oom, ons het geleer om net hierdie kant op te masjeer”. Dit was sy vierde fout in ‘n tyd spasie van een minuut!

Hoe weet ek die inligting? Ek het mos geweet my beurt was volgende en het reeds my peleton oorkant verlaat en was reeds gereed om die RSM van die parade te nader vir toestemming, toe ek naby genoeg gestaan het en die hele petalje van die Newcastle drilsersant aanskou en aangehoor het.
Toe Newcastle peloton klaar opgetree het, toe was dit my beurt en ek het nog steeds net links van die RSM gestaan en wag.
Ek nader toe die RSM, staan ordentlik op aandag voor hom, salueer hom nie (soos wat dit ‘n soldaat betaam) en rapporteer toe:” RSM, die peleton van Empangeni Hoërskool gereed om aan te meld”. Onmiddellik het ek die RSM se reaksie in sy oë waargeneem dat hy nie kon glo ek spreek hom reg aan as RSM nie. Ook die feit dat ek hom nie salueer nie. Die RSM probeer toe nog een slag en hy vra my toe baie sarkasties:”Nou waar wil jy op die veld op masjeer met jou peleton?” Ek antwoord toe:”waar wil RSM hê moet ons opkom?”

Freddie Snijman wen drilpeleton sersant en verower ereklere daarvoor laat in 1977. Die peloton het tweede ge-eindig. Ek glo tot vandag toe dat ons peloton ook moes wen, maar my eie mening is dat politiek reeds daardie jare bestaan het, en hoe kan Newcastle peloton dan nou nie wen nie?

Die eerste foto is van my met die ere toekennings baadjie vir drilpeloton sersant. Net so klein bietjie nou om die skouers en bors en ek sien ook klein mot gaatjies raak!

Die tweede foto nog vier ander baadjies: 1ste links van voor (my army regs) NATAL Provinsiaal Judo, 2e. Menasie drag Majoor ( ek was 10 jaar Staandemag offisier) met Pro Patria medalje. 3e. Nasionale Klere vir Kleiteikenskiet (12 Boor haelgeweer 1995 SA verteenwoordig in Amerika) en heel regs van voor Provinsiale Klere (International Federation of Bodybuilding Gauteng Noord en ek is tans die voorsitter)

Genoeg van my, ek kyk uit vir julle bydraes.
Freddie


Terug Terug na bo