JOIN OUR MAILING LIST
Nuusbrief/Blog


2009-01-09
Hennie en Freddie se herontmoeting na 27 Jaar


Hennie het begin rondsoek op facebook vir bekende klasmaats van Empangeni Hoërskool 1977 en met sy eerste probeerslag vir Freddie raakgeloop. Freddie was sy ou skoolpel van matriek en selfs vir die paar jaar daarna, totdat die magte hul paadjies geskei het.
Hennie en Freddie het sommer gou plan gemaak om mekaar te ontmoet en het toe gereël om by Hennie se huis te braai. Vir hierdie geleentheid het Hennie ‘n bottel 27 jaar oue Nederberg Carbonet oopgemaak om hierdie geskiedkundige oomblik te vier.
So terwyl die kole gekletter het, is verskeie verhaaltjies uitgeruil, ou nuus opgevang en weer van voor af gelag oor staaltjies van die verlede. Hierdie oomblik het weer die twee bymekaar gebring en is sommer daar en dan besluit om te begin soek na die matriek vriende van Empangeni Hoër van 1977.


Terug Terug na bo