JOIN OUR MAILING LIST
Nuusbrief/Blog


2009-01-08
32 Jaar


Gegroet alle Afrikaans sprekende 1977 Matrieks Empangeni Hoërskool,

IS ONS REG VIR REüNIE NA 32 JAAR?

Wat is die doel van hierdie selfoon vriendelike webtuiste?

Met groot waardering en komplimente aan Facebook wat reeds daarin geslaag het om ons 1977 Afrikaanse Matrieks van Empangeni Hoërskool na twee en dertig jaar weer aanmekaar te kon voorstel. Dit is heelwat beter as al die ander web tuistes waar daar van jou verwag word om te betaal om ons vriende en klasmaats op te spoor.

Facebook dien wel goed in sekere behoeftes, maar as dit kom by detail, dan kan ons beter doen en meer bereik as FB. Op FB (gesigboekie) is daar meer as een groep, wat reeds verwarrend is. Ook is die beklemtoning van ons 1977 klasmaats nie behoorlik vasgevat nie. Ons sal voortgaan om op FB te adverteer en die skakels orals bekend stel op FB, asook in die onderskeie profiele van die maats wat reeds op FB verskyn. FB is ook maar beperk tot die "vriende" wat bygevoeg word en kan ons dus meer sukses behaal op die GOOGLE soek engin wat vryer en groter moontlikhede daar stel vir opsporing en registrasie van ons 1977 Afrikaanse klasmaats. Dus het ons besluit om ons eie web tuiste te aktiveer en te onderhou met een doel voor oë:

1. Speurwerk om alle Afrikaans sprekende 1977 Empangeni Hoërskool klasmaats te verenig. (Ons kan die Engels 1977 matrieks ook akkomodeer, indien hulle so sou versoek en met ons dienooreenkomstig kan bespreek)
2. Kommunikasie per sms en epos van uit een bron te behartig.
3. Een sentrale plek vir 1977 Empangeni Hoërskool Afrikaans Medium Matrieks profiel registrasies.
4. Dienste aan te bied vir moontlike reünies en beplanning rondom dit.
5. Gratis, klasmaats 1977 Empangeni Hoërskool Afrikaans se kontakbesonderhede beskikbaar te stel onder beheer van toegekende gebruikersname en kodes aan die wat reeds op die webwerf geregistreer het.
6. Artikels en staaltjies te deel.
7. Ons eie 1977 foto gallery daar te stel.
8. Huidige fotos van 1977 klasmaats met spasie vir detail.
9. Spasie vir videos.
10. Interne elektroniese geselskamer wat vanaf selfoon of pc gebruik kan word. (soos mixit)
11. En nog vele meer funksies, soos nuusbriewe en kontak besonderhede.
12. En 'n vriendelike uitnodiging aan al ons 1977 Empangeni Hoërskool Afrikaans Medium Klasmaats om deel te neem aan hierdie inisiatief.

Soos bo genoem, is hierdie webtuiste vriendelik om deur selfone besoek te word, wat beteken ons oorseese 1977 maats kan ook met hulle selfone die tuiste besoek en ons hoef nie noodwendig voor 'n rekenaar te wees om toegang te kry tot hierdie applikasie nie.

Aangesien ons informasie versamel regoor die land, en dit heelwat mondelings en hoor- sê geskied, publiseer ons die informasie met die hoop en vertroue dat dit korrek reflekteer. Maak ons asseblief bedag daarop as jy voel die informasie nie korrek gepubliseer is nie, en ons sal met groot graagte die situasie wil reg stel.

Op die stadium is Sandra Botes nou Halgryn, Rene Hillarius nou Dittrich, Hennie Van Vuuren en Freddie Snijman die administrateurs.

Begin asseblief om in te skryf vir die nuusbrief. Dit sal onmiddellik help om data te versamel. JY KLIEK OP NUUSBRIEF VANAF DIE HOOF MENU LINKS. DAN KLIEK JY OP" SKRYF IN OP POSLYS", VOLTOOI NAAM, SELNOMMER EN EPOS, EN MAAK DIE SOMMETJIE WAT GEVRA WORD (SEKURITEITS DOELEINDES) EN SUBMIT. Maklik!

Sodra die bogenoemde aksie van jou kant volstrek is, dan kan en sal ek aan jou 'n "username" en "password" verskaf (wat jy gebruik net by "Lede Teken In"), en hierdie username en password laat jou net toe om die mede klasmaats kontakbesonderhede gratis en verniet te kry en jou in staat te stel om met hulle te kan kommunikeer. Die rede hiervoor is om jou en die ander klasmaats se kontakbesonderhede te eerbiedig en te beskerm teen sogenaamde "SPAM". M.a.w. met jou" username" en "password" kan jy net besigtig wat bekerm word, en dus kan net ek en Hennie Van Vuuren die inhoud van die webtuiste opdateer en verander. Daarom versoek ons dus jou registrasie, 'n kort cv van 1977 af tot hede (sien myne as voorbeeld). Dit kan julle aan my, Sandra of Rene of Hennie besorg per epos wat ons sommer kan kopieer en
plak namens julle in julle eie spasie op die tuisblad.


M.a.w julle besorg julle materiaal en ons publiseer dit, absoluut die teenoorgestelde van FBook. Ons wil graag ons informasie beskerm en reg hanteer om sodoende administrasie en organisasie te vergemaklik.

Verder moet julle net uitsien na die moontlike eindresultaat wat kan eindig in 'n 32 jaar reünie.

Laat weet ons in watter matriek register klas jy ingedeel was, sodat ons jou kan groepeer. As jy vir my jou geboortedatum aanstuur, dan plaas ek dit op die kalender. So! Moenie bekommerd wees nie, ons weet almal hoe oud almal is, maar wil tog jou geluk wens met jou verjaarsdag.

Empangeni 1977 groete,

Freddie, Sandra, Hennie en Rene.

NS. Mag hierdie selfoon vriendelike web tuiste van krag tot krag gaan, deur selfs na ons reünie, nog steeds waarde te kan toevoeg tot ons kinders en ander belangstelllendes na ons.

Terug Terug na bo