JOIN OUR MAILING LIST
NUUS!
Meer oor ons


Gegroet alle 1977 Afrikaanssprekende Matrieks van Empangeni Hoërskool!

n Nuwe hoofstuk vir die webtuiste begin, daarom begin ek sommer heel bo en wil nie graag die vorige geskiedenis hieronder verwyder nie.

hoe se Leon Badenhorst:" DIe tweede helfte het begin en die wedstryd is nog nie klaar nie".

Dus, 40 JAAR REUNIE VIR ONS OPPAD.

 


/////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////////
IS ONS REG VIR 'n REüNIE NA 32 JAAR?

Wat is die doel van hierdie selfoonvriendelike webtuiste? Met groot waardering en komplimente aan Facebook (gesigboekie), wat reeds daarin geslaag het om ons 1977 Afrikaanse Matrieks van Empangeni Hoërskool na twee en dertig jaar weer aan mekaar voor te stel. Facebook is heelwat beter as die ander webtuistes, waar daar van jou verwag word om te betaal om vriende en klasmaats op te spoor. Facebook (FB) voldoen wel goed aan sekere behoeftes, maar as dit by detail kom, kan ons beter doen en meer bereik as met FB. Op FB is daar meer as een groep, wat reeds verwarrend is. Ook is die beklemtoning van ons 1977 klasmaats nie behoorlik vasgevat nie. Ons sal voortgaan om op FB te adverteer en die skakels daarop bekend stel , asook in die onderskeie profiele van die maats wat reeds op FB verskyn. FB is ook maar beperk tot die "vriende" wat bygevoeg word en ons kan dus meer sukses behaal op die GOOGLE-soekengin, wat vryer en groter moontlikhede bied vir opsporing en registrasie van ons 1977 Afrikaanse klasmaats. Daarom het ons besluit om ons eie webtuiste te aktiveer en te onderhou, met die volgende doel voor oë:
1. Speurwerk om alle Afrikaanssprekende 1977 Empangeni Hoërskool klasmaats te verenig (ons kan die Engelssprekende 1977 matrieks ook akkommodeer, indien hulle so sou versoek en dienooreenkomstig met ons kan bespreek). 2. Kommunikasie per sms en epos vanuit een bron behartig.
3. Een sentrale plek vir 1977 Empangeni Hoërskool Afrikaans Medium Matrieks profiel-registrasies.
4. Dienste aan te bied vir moontlike reünies en beplanning rondom dit.
5. Afrikaanse klasmaats van 1977 Empangeni Hoërskool se kontakbesonderhede beskikbaar te stel, onder beheer van toegekende gebruikersname en kodes aan die wat reeds op die webwerf geregistreer is.
6. Artikels en staaltjies te deel.
7. Ons eie 1977 fotogallery daar te stel.
8. Huidige foto's van 1977 klasmaats met ruimte vir detail.
9. Ruimte vir video's.
10. Interne elektroniese geselskamer wat vanaf selfoon of PC gebruik kan word (soos mixit).
11. Nog vele funksies, soos nuusbriewe en kontakbesonderhede.
12. Om 'n vriendelike uitnodiging aan al ons 1977 Empangeni Hoërskool Afrikaans Medium klasmaats te rig om deel te neem aan hierdie inisiatief.

Soos reeds genoem, is hierdie webtuiste selfoonvriendelik, wat beteken dat ons oorsese klasmaats die webtuiste d.m.v. hul selfone kan besoek. 'n Mens hoef dus nie noodwendig voor 'n rekenaar te sit om toegang tot hierdie diens te kry nie. Ons versamel inligting van regoor die land. Aangesien heelwat daarvan mondelings en op hoorsê geskied, publiseer ons die inligting met die hoop en vertroue dat dit korrek weergegee sal word. Maak ons asseblief attend daarop as jy voel dat die inligting nie korrek gepubliseer is nie. Ons sal dan die foutiewe inligting regstel. Ons het nie ten doel om ongegronde stellings te publiseer nie! (Rapporteer asseblief onakkurate informasie direk aan my: Freddie)

Huidiglik is Sandra Botes (nou Halgryn), Rene Hillarius (nou Dittrich), Hennie van Vuuren en Freddie Snijman die administrateurs. Begin asseblief om in te teken op die nuusbrief. Dit sal onmiddellik help om data te versamel. JY KLIEK OP NUUSBRIEF VANAF DIE HOOFSPYSKAART LINKS. DAN KLIEK JY OP " SKRYF IN OP POSLYS", VOLTOOI NAAM, SELFOONNOMMER EN EPOS, DOEN DIE SOMMETJIE WAT GEVRA WORD (SEKURITEITSDOELEINDES) EN "SUBMIT". Maklik! Sodra bogenoemde stappe voltooi is, sal ek aan jou 'n gebruikersnaam en wagwoord verskaf (gebruik slegs by "Lede Teken In"). Hierdie gebruikersnaam en wagwoord laat jou toe om mede-klasmaats se kontakbesonderhede gratis te kry en sal jou in staat stel om met hulle te kan kommunikeer. Die rede hiervoor is om jou en die ander klasmaats se kontakbesonderhede te respekteer en beskerm teen sogenaamde "SPAM". M.a.w. met jou gebruikersnaam en wagwoord kan jy net dit wat bekerm word, besigtig. Net ek en Hennie Van Vuuren kan die inhoud van die webtuiste opdateer en verander. Ons verlang, saam met jou registrasie, 'n kort CV van 1977 af tot op hede (sien myne as voorbeeld). Dit kan julle aan my per epos stuur. Ons kopieer en plak dit dan namens julle, in julle eie spasies op die tuisblad. M.a.w., julle besorg die materiaal en ons publiseer dit; absoluut die teenoorgestelde van FB. Ons wil graag ons inligting beskerm en reg hanteer om sodoende administrasie en organisasie te vergemaklik.

Verder moet julle net uitsien na die moontlike eindresultaat, wat kan eindig met ons 32 jaar reünie! Laat weet ons in watter matriek registerklas jy ingedeel was, sodat ons jou kan groepeer. As jy vir my jou geboortedatum aanstuur, dan plaas ek dit op die kalender. Moenie bekommerd wees nie, ons is almal ewe oud, maar wil jou tog gelukwens met jou verjaarsdag!

EHS '77 groete van Freddie, Sandra, Hennie en Rene!

NS. Mag hierdie selfoon-vriendelike webtuiste van krag tot krag gaan; selfs na die reünie!






 





Terug Terug na bo