JOIN OUR MAILING LIST


Na my matriek jaar in 1977 het ek op 8 Maart 1978 by Empangeni Poskantoor begin werk omdat my ouers nie wou he ek moes 'n lugwaardin word nie.  Hulle het volstrek geweier dat ek die huis verlaat alvorens ek getroud is nie.  Desember 1997 het ons terug getrek Zuurbekom toe na my ma se erf grond en het ek n oorplasing gekry na Randfontein poskantoor. Ek het saam met Joseph op die nie-blanke toonbank (in daai tyd) gewerk en het ons in die middae altyd van ons droom man en vrou gepraat, van hoe hulle moet wees....min het ons geweet.  Ses maande later op my 21ste verjaarsdag het hy my gevra om te trou, ons het verloof geraak en 'n jaar later is ons op 26 September 1981 getroud.  3 Junie 1983 is Hannes die middag 5 voor 5 gebore en op 3 Julie 1983 toe Hannes presies 'n maand oud was is sy Pa vir 2 jaar weermag toe... Nadat ons gegroet het en terug motor toe loop se vra ek vir my ma..hoeveel van die ouens hier vandag kom nie weer huis toe nie...en min het ek weer geweet dat Joseph een van hulle sou wees, want 'n maand voordat hy uitklaar sterf hy in 'n motorongeluk op Hannes se 2de verjaarsdag. 

Daarna het ek by ouditeure in Randburg begin werk, en 'n jaar later weer getroud met Danie Brits wat ook saam met ons op skool was maar dit was van korte duur...minder as 'n jaar. 

Van toe af is ek maar 'n alleenloper.  Het maar eers na my ma gekyk voor sy oorlede is en toe later my pa tot hy oorlede is. Junie 1988 het ons Hekpoort toe getrek en daar bly ons almal nog steeds behalwe vir die 10 maande wat ek nou in Nelspruit is. Maar gaan gereeld huistoe om vir die familie te gaan kuier. 

Het gewerk as ontvangsdame, sekretaresse, boekhoudster, onderwyseres, en nou bestuurderes van 'n gaste huis in Nelspruit.

Hannes is nou 27 en nee ek is nog nie 'n ouma nie..Se nog ek is te jonk om ouma te wees.

 

Terug Terug na bo