JOIN OUR MAILING LIST


Ek en die tegnologie het somtyds so 'n aweregse houding. O ja, ek is Elsabe Jovner. Ek is met Gielie Swart getroud. Na skool was ek 'n jaar by SALVKol op George waarna ek Staandemag aangesluit het. Ek het my man op Oudtshoorn by Infanterieskool ontmoet.Na my troue in 1981 het ek en Gielie in Mosselbaai gebly. Daar het Erika haar haar eerste lewenslig aanskou. Na sewe jaar is ons Kaap toe. Daar was ons vyftien jaar. Erika het daar skoolgegaan. Ysskaats was haar sport, waarin sy haar Provinsiale, SA en Springbokkleure verwerf het. Na skool het sy gaan dans. Na die vyftien jaar het ek en Gielie gejeuk en is Namibië toe. Dit was vyf wonnerlike jare. Die ooptes roer altyd aan my hartsnare. Seker maar omdat ek in die Karoo grootgeword het. Gielie is 'n gesoute visserman wat maar net nie van Hentiesbaai kan wegbly nie. Natuurlik bly die jag ook nie agter nie. Namibië het vierkantig in ons harte ingespring. En nou is ons al amper drie hier in die operasionele gebied. Moet sê, ek geniet dit hier. Die mense is ongelooflik vriendelik. Ja, ek bly in Johannesburg. Sien uit om julle by die reünie te sien.
Terug Terug na bo