JOIN OUR MAILING LIST


Ek het onderwys geswot en skoolgehou in Durban en Newcastle (saam met Réne Hillarius). Ek kan saam met Martie sê danksy die liefde vir wiskunde wat mnr.Heese in ons ingebou het,het ek ook n wiskunde-onnie geword. Ek moet sê mnr.Brick en ou Bok (wat was sy van?) het ook 'n bydrae gelewer. 

Ek is al 26jaar baie gelukkig getroud met Philip Botha wat ek op Dokkies ontmoet het. Hy was 'n wetenskap-onnie tot einde 1989 (in Newcastle het hy saam met Martie skoolgehou). Vir 3jaar het hy sy eie besigheid gehad en toe geskuif na Sanlam,waar hy nou al 17jaar 'n finansiële adviseur is. 

Uit die huwelik is 3 kinders gebore, 'n seun (ook Philip, amper 22) en 2 dogters (Lizahn 18 en Juanita 11). My seun het ná skool eers gaan werk en toe hierdie jaar begin swot by CTI in Potch (Computers). Hy doen uitstekend en ons is baie trots op hom. Lizahn is nou gr.12 en ons is ewe trots op haar. Met 'n gemiddeld van 97% in gr.12 vir haar 8 vakke mag ouers maar spog né? Sy gaan DV volgende jaar BSc swot op Stellenbosch en wil ook 'n wisk-onnie word! Ons jongste trots, Juanita, is in gr.5 en alreeds besig om in ousus se voetspore te volg.

 

Sedert my oudste se geboorte hou ek nie meer permanent skool nie, alhoewel ek al 'n hele paar keer afgelos het by verskeie skole. Ek het begin om ekstra wiskunde lesse vir hoërskoolleerlinge te gee in die middae na skool. Aanvanklik het ek so 5 of 6 leerlinge gehad, op die oomblik het ek 67! Ek het ook 3 "homeschool" leerlinge wat soggens kom vir lesse. Ek geniet dit baie om met kleiner groepies kinders te werk, nie meer as 6 in 'n groep nie. 

Vandat Philip by Sanlam is woon ons in Vryheid, Noord-Natal. Ons is baie gelukkig hier en is,behalwe vir ons gewone werk,ook baie betrokke by ons gemeente. Ons ervaar daagliks die genade en seën van die Here. Mag dieselfde vir jul almal waar wees! Dit is my storie! 

Terug Terug na bo