JOIN OUR MAILING LIST


Ek was 14 jaar in die SAPD.

Ek het medies afgegaan as sersant.

Ek het nooit belanggestel in verdere studies nie, wou net n goeie ma wees vir my kinders en hopelik n goeie vrou vir my man. Ek verkies n baie eenvoudige onpretensieuse bestaan. Ek geniet die lewe te veel daarvoor. Ek het hier en daar weer gewerk, maar meestal na my ouers omgesien en nogsteeds na my ma wat blind is na n beroerte.

Ek en my man, Gawie Joubert, is hierdie jaar 26 jaar getroud. Hy is n springstofdeskundige (bomb squad) verbonde aan die SAPD.

Ons het 2 seuns, Tibert & Gawie. Tibert (oudste) is n 'Personal Trainer' te Menlo Park. Gawie was 2006 hoofseun te H/skool Richardsbaai & doen tans sy derde jaar Grafiese Ontwerp te Potchefstroom universiteit.

My digbundel in die vorm van n dagboek is in 2007 gepubliseer, sien foto.

Sien ook klasfoto A3 klas & ons groepie. Ek tweede links.

Groete Breggie.

NS-sien uit daarna om almal weer te sien!



Terug Terug na bo