JOIN OUR MAILING LIST


 Met my gaan dit baie goed. Ek is getroud en na 28 jaar nog steeds getroud ,met die ou wat ek al op skool mee uitgegaan het. Toto de Beer ( nou is hy Neels de Beer ). Na skool het ek onderwys gaan swat by Durban Onderwys kollege. Getroud in my 4de jaar en toe vir 8 jaar in Nwcastle gewerk. Albei my kinders is daar gebore. Corne (24) en Mart Mari ( 20) . Ons is nou al vir 20 jaar in Secunda. Neels werk by Sasol en ek nog al die tyd in die onderwys. Mr. Heese het my so n liefde vir wiskunde gegee, dat ek nou al n wisk departementshoof is die afgelope 7 jaar. Na al die jare het ek nog n groot passie vir my vak en my werk. My kinders swot albei in Pretoria, so dit gaan goed met ons.
Dit was wonderlik om weer met almal kontak te maak na al die jare.
Ek het al met Sandra, Elsabe en Jeanette gepraat en natuurklik al saam met Chanel en Freddie gekuier. Groete en ons sien mekaar by die reunie.
Terug Terug na bo