JOIN OUR MAILING LIST


CV Jan Campbell

"freddie, ek is na skool SA Polisie toe tot 1984. Daarna het ek vir Richards bay Minerals gewerk tot 1996 Gedurende die tyd het ek 4 jaar gestudeer aan Unisa en diploma verwerf in 1993. Junie 1996 verhuis Kaap toe en 'n gaste huis en toer maatskappy besit in Groenpunt tot 1999. Ek wou my vlerke verder sprei en het as 'n konsultant begin werk in my veld - Quality, Environmental, health & safety tot 2004. Van 2004 tot op hede werk ek in die buiteland. Was al die hele wereld vol en werk op die oomblik vir Dredging International in Ras Al Khaimah in die UAE. Ek is getroud met 'n fantastiese vrou en het 3 kinders - 2 seuns en ' meisiekind. Sy is reeds getroud en het 2 kinders, so ja ek is 'n gekwalifiseerde oupa ook! My oudste seun werk in Aggenys in die Noord Kaap in die diamant bedryf en my jongste is in sy 2de jaar Ingeneurswese op Stellenbosch universiteit. Ek is 'n kranige scuba duiker en het nog klub rugby gespeel tot 3 jaar terug. Ek vertrou dit is voldoende. Skree maar as jy nog inligting soek"

Terug Terug na bo