JOIN OUR MAILING LIST


Hallo almal, 

Ek het na skool BA Mus op Kovsies gaan swot, vir 'n tyd lank skool gehou en toe vir beter geld oorgeskuif na die versekerings wereld toe. ?Toe die kantoor lewe my te veel vasgedruk het, het ek klere ontwerp en verkoop vir 'n paar jaar, en toe ontmoet ek 'n oulike prins in 'n rooi kar op 28. ?Ons het 'n dogter, Stephanie wat nou in Gr 7 is. ?Ons bly net buite Pretoria en is geseend. Ons woon op 'n natuurskone plot met baie diere. ?Ek doen ?liefdadigheidswerk, ?hoofsaaklik onder hawelose ou mense, en sal weer klavierles gee wanneer Stephanie klaar met skool is. ?Ek kan nou nie juis onthou dat ek my skool jare besonder geniet het nie, maar ek het beslis opgemaak daarvoor na skool. ?Ek kan glad nie meeding met 'n prestasielys nie, maar ek is meer as tevrede met my lewe, ek geniet wie ek is en ek is opgewonde oor waarheen ek oppad is. ?Dis so heerlik om van almal te lees. ?Ek bid julle almal werklik net die heel mooiste en die heel beste en alles wat besonders is toe. 

Groete

Theresa Joubert (Viljoen)

Terug Terug na bo