JOIN OUR MAILING LIST


Hi Freddie 

Uiteindelik kryek kans on jou te kontak. Julle sal my onthou as Adri Visser. Getroud met Andre Labuschagne. Nee julle sal hom nie ken nie. 

Na matriek SALVK (SA Leer Vroue Kollege ) op George. As jy kan onthou was daar 'n paar van ons wat mal genoeg was om ons jaar vrywillige diensplig te gaan doenop George. Ek was deel van die eerste Julie inname. Na dienplig het ek vir 'n paar maande by Onderstepoort gewerk en daarna Staandemag aangesluit. Honde Eenheid toe. Gevorder tot Staff Sersant en toe na 'n privaat maatskappy  om verder honde op te lei vir die Weermag. 

Intussen getroud en 'n seun van 22jaar. Twee keer geskei, maar soos hul se 3rd time lucky. Nou vir 12 jaar gelukkig getroud met Andre. Nou het ek twee seuns. Andre se seun van 21 jaar. 

Vir 'n paar jaar rondgedrentel tussen werk en by St Mary's Hospitaal geland. Daarna na die Staatdiens, Kantoor van die Premier in KZN. Tans by die Parliament in hulle "ICT" afdeling, Kaap Stad. Behartig soos in die IT bedryf "Customer Support. 

Dit was 'n wonderlikke verassing op te hoor van die reunie. Hoop ek sal dit kan maak. Tans met 'n groot projek besig. Soos hul die noem, Die 4rde Demokratiese Parliament. Dit wat julle op TV sien beleef ek so te se elke dag. 

Tans is my man en kinders in Tzaneen, Limpopo en ek sit hier in die Kaap. Nog op soek na iets daar bo. 

Sal in kontak bly en fotos stuur sodra ek weer in Aprilopgaan Limpopo toe. Het onder andere nog fotos van die 2dehokkie span. 

Groete aan almal
--
Adri Labuschagne
Terug Terug na bo