JOIN OUR MAILING LIST


Na matriek het ek my 3 jaar verpleging opleiding gedoen by Addington Hospitaal. Is in 1980 getroud met Hennie Harding en uit die huwelik is 2 dogters en 'n seun gebore. Ons is in 1995 geskei en ek het Laeveld toe getrek en vir Sappi net buite Witrivier gewerk waar ek begin het as 'n PA en opgeeindig het as 'n produksie beplanner, maar het nog "moonlighting"
(kontrak verpleging) tussenin ook gedoen. Ek wou my horisonne nog meer verbreed en het sedertdien koste ingenieurswese gaan swot en werk nou by Bateman in Bedfordview.

My kinders het almal al gematrikuleer, die dogters is albei getroud en ek
wag nou vir my 4de kleinkind! Op die foto is die oudste tweetjies.

Terug Terug na bo