JOIN OUR MAILING LIST


Hi Freddie,

Net so vinnig my storie vanaf 1977.

Jammer vir party gaan dit maar redelik “boring” klink. In 1978 na Pretoria om ‘n sekretariële kursus te doen by die destydse Pretoria Tegnikon. Vanaf 1979 gewerk, onder andere by Prokureursfirmas. My man Francois ontmoet in Jeugsentrum waar ek gebly het gedurende 1978. Hy moes eers klaar “swot’ en is ons getroud op 6 Maart 1982. Gewoon in Pretoria, Carletonville en nou amper 10jaar in Richardsbaai. Ek is vir ‘n geruime tyd ‘n huisvrou. Wat ‘n voorreg.

Die drie kinders is as volg: Francois (24) het na matriek vir twee jaar in London gaan werk en is nou besig om regte te swot. Christelle(23) was vir twee jaar in ‘n dans en dramagroep, Acts Ambassodors.(Christelike groep) Daarna ‘n diplomakursus in berading gedoen en is nou besig om onderwys te swot. Hanno(15) in Graad 10. Op die oomblik sportmal. Speel rugby, krieket en hokkie. Sy debatspan het verlede jaar deurgedring na die Nasionale Kompitiese van die ATKV in Hartenbos. So baie lief vir praat.

My passie is om vir mense om te gee, en is ek nou besig by ons gemeente (afgelope 9 jaar) om elke Donderdag vir ons Wyse Gryses ‘n program aan te bied. Ek kan net eindig deur aan ons Hemelse Vader al die eer te gee want Hy is waarlik goed vir my.

Groetnis

Christa

Terug Terug na bo