JOIN OUR MAILING LIST


Hi Freddie

Uiteindelik! Het nou sommer die eerste fotos gegryp waarop ek afgekom het. Jammer jy moes so lank wag.

Na skool het ek 'n rukkie by Sacco Brothers (rekenmeesters) gewerk as 'n tikster totdat ek 'n pos aangebied was by Barclays Bank (nou FNB). Het so bietjie gestudeer en my Sertifikaat in Bankwese verwerf. Was by Barclays vanaf 1978 - 1987. Ek het opgehou werk toe my seun gebore is en toe ek 'verveeld' begin raak het ek korrespondensie gestudeer deur Intec en 'n Diploma in 'Catering & Gourmet Cooking' verwerf. Het vir 'n ruk 'catering' gedoen maar dit was te veel werk vir een alleen met 2 kindertjies saam. Later aan het ek 'n kurses in Pastel Accounting gedoen en so bietjie boekhou van die huis af gedoen (was op een stadium ook bestuurder by die Empangeni Rugby Klub!).

Ek het ook na skool korfbal gespeel en Zoeloeland klere verwerf , en het na my seun se geboorte netbal begin speel en Zoeloeland verteenwoordig by die SA kampioenskappe (1993 - 1997). Daarna het ek "Action Netball" gespeel (1997 - 2000).

Is nou 25 jaar baie gelukkig getroud met Brian Botes (ek is so geseen), hy is 'n vennoot by Deloitte. Ons het 'n seun Justin wat 22 word en 'n dogter Zhoii wat later in die jaar haar 21ste sal vier. (Albei studeer nog, en ek vind dit moeilik om die vlerkies te knip) Ons bly nou amper 6 jaar in Ballito . Ek is steeds 'n "Managing Director of a Small Enterprise with strategic responsibilities" (Ollie se beskrywing)

Terug Terug na bo