JOIN OUR MAILING LIST


Richardsbaai
:
1977 ‘n Onvergeetlike jaar van matriek – min wetende wat op my wag in die “grootmens wêreld”. Ek het skaars begin vakansie hou of die Bank (daai tyd nog Barclays) bel my en vra of ek nie wil aflos in ‘n dame se plek wat met kraamverlof moet gaan. Ek moes soos in dadelik begin. Hals oor kop - ja die geld klink goed – (onthou ek kom nou net uit die skool uit en sakgeldjies is min), begin ek werk. Dit sou net 3 maande aflos wees, wat toe ontaard in 11jaar by die bank.

Ek ontmoet vir Andrew La Grange (daai tyd ‘n L.O. onderwyser) en in 1980 is ons getroud. In 1982 word ons eerste seun gebore (ook ‘n Andrew). Ons verhuis in 1983 na Vryheid toe hy die onderwys bedank. Ons tweede seun (Jannie )word gebore in Vryheid 1984, waarna ons terug trek na Richardsbaai.

In 1985 word hy bevorder as Departementshoof en ons trek alweer – die keer Mandini toe. In 1986 word nog ‘n seuntjie gebore (Pieter). In 1989 bedank ek by die bank en speel bietjie huisvrou en aanvaar ‘n sekretariële pos by Mandini Primêr (Gr 1-7) in 1993.

Ek is nogsteeds by die skool werkagtig – Finansies (ja dankie vir die boekhou) ek dink dit was Mnr Cloete – en Andrew is al 11 jaar die skoolhoof by Mandini Akademie.

Terug Terug na bo