JOIN OUR MAILING LIST



Hi Freddie,

Ek het vanoggend opi site ingegaan en gesien hoe stunning jy dit gemaak het. Het ek al ooit vir jou BAIE dankie gese vir al jou

Moeite? Ek dink nie die mense besef hoe groot werk en baie tyd dit vat on die ding aan die gang te hou nie.ek dink nie enige iemand sou dit kon volhou nie!!

Well done, ek is trots op jou en dankbaar vir al jou moeite.

Op daai noot het ek besef ek moet uiteindelik my CV vir jou gee! Rather late than never !!!

Ten einde laaste moet ek nou vir julle my storie vertel.

Na 1977 het ek vir 4 jaar by DOK (Durbanse onderwyskollege) onderwys gaan swot.Dit was wonderlike 4 jare.Ek het in die tyd 7dae ‘n week hokkie gespeel en die SA Kolleges span verteenwoordig en ook Natal 0/21.

In my eerste jaar het ek vir Wynand Kruger (soldaat) ontmoet en is 4jaar later, ‘n maand na my laaste anatomie vraestel in Des 1981 getroud.Ek het by Werda Hoerskool begin skoolhou vir 5 jaar en toe by Dirkie Uys Hoerskool vir 4 jaar.

Intussen het ek Natal Mynahs hokkie gespeel en hokkie afgerig by die skool.

Ons oudste dogter Janel is in 1986 gebore en 2 jaar later Marga.

In 1991 het ek ‘n aanbod uit die privaatsektor ontvang en besluit om die groot stap te neem.Vir die volgende 18jaar het ek op die Durbanse varsproduktemark gewerk en die hele land vol gereis.In 1992 is ons derde dogter Lere gebore. My kinders het op Port Natal skoolgegaan en ek het daar die 1ste hokkiespan afgerig. ‘n Hoogtepunt in ons lewe was toe ek die span in2004 op ‘n toer Argentinie toe geneem het.

Soos die lewe maar draaie met ons almal geloop het, het ek ook in 1999 deel van die statestiek geword!

In Maart 2007 het Moela se vrou besluit di’s tyd dat ek my in Pretoria kom vestig, ek was lank genoeg alleen tussen die kokkerotte ens. In Durban.

So het die maatskappy vir wie ek gewerk het my in Pretoria aangestel as die PRO van die maatskappy en ek het op ‘n maandelikse basis al die takke landswyd besoek.

Verlede jaar het Freshmark my genader om ‘n verpakkingsaanleg vir hulle op die been te bring en so ontstaan Tru-Crisp. Ons verpak varsprodukte en organiese produkte wat aan Shoprite en Checkers voorsien word.

My oudste dogter swot onderwys op Tuks, die middelste dogter is by die filmskool by TUT en Lere die jongste in gr 11 by Overkruin hoerskool.

En na 32 jaar loop ons mekaar almal weer raak. Is ons nie bevoorreg en geseend nie!

Sien uit om julle by die reunie te sien!

Dankie Chanelle-Hoofmeisie Empangeni Hoërskool Matrieks 1977
Terug Terug na bo