JOIN OUR MAILING LIST


Hello Freddie, 

Dankie vir al die moeite om kontak te maak met al die 1977 matrieks  - die webwerf is baie interessant. 

‘n Kort oorsig oor waarmee ek my besig gehou het serdert ons laaste skool jaar:

Studeer aan die Univ van Stellenbosch en Unisa in die B.Com en B.Sc rigtings. Spandeer 2 jaar in die weermag 1982 -1983. Begin my loopbaan by ALUSAF in Richardsbaai 1984 in die Finasiële afdeling. Ek het vroeg in my loobaan besluit om my finasiële agtergrond toe te pas in in die rekenaar (stelsels) omgewing in is tans nog doenig met die skryf en instandhouding van finansiele vooruitskattings modelle by BHPBilliton.

Ek is getroud met Janneke in 1984, wat tans klasgee by die Universiteit van Zoeloeland. Ons het twee seuns,Petri en Jako(jnr) , wat tans  studeer aan die Universiteit van Pretoria.  

Vind ook asseblief aangeheg ‘n foto soos versoek. 

Vriendelike groete

Jako Mostert

Terug Terug na bo