JOIN OUR MAILING LIST


Ek het na matriek by die lugmag aangesluit vir 10 jaar en uitgetree as Vlug Sersant. Was in die Elektroniese afdeling (Grond en Lug Kommunikasie stelsels). Gedurende hierdie tyd het ek my nagraadse opleiding gedoen vir my NTS6 (Elektronia), MSCE4 (Windows), NCE4.1 (Novell) en MDP (Bestuur)
Het na lugmag by Sasol GID begin werk en is tans by Business Connexion in IT as 'n TM(Technology Manager) en is huidiglik 21 jaar by hierdie maatskappy.

Ek was met Petro Erasmus getroud en ons het twee kinders, 'n seun en dogter. My seun Albert het twee seuns en my dogter het twee dogters. Daarna is ek met Ina getroud, baie gelukkig getroud vir 21 jaar. Ek het haar twee kinders aangeneem, toe nog baie jonk, 'n dogter, Michelle, nou ook getroud en 'n seun, Jacques.

Ons bly huidiglik in Edenvale, Johannesburg.

Terug Terug na bo