JOIN OUR MAILING LIST


STEMME VAN DIE VERLEDE EN DIE HEDE

Soos gister voel dit nou, die stemme so duidelik en tog vaag, die gesigte voor jou in die lig en weer weg in die donker, stemme van die verlede…………Wat 'n wonderlike jeug………………….vol , sport, speel en die liefde vir die lewe, sonskyn warm dae, vry menswees , goeie vriende……
met gesonde geeste…… vry van die grootmens wêreld.
Maar vinnig s dit verby en die werklikheid van verantwoordelikhede terg jou om elke hoek en draai, vra jou elke dag vir 'n ander uitdaging, toet s jou wil, toets jou uithou vermoë….
Soms lag jy, soms is jy bekommerd soms lewe jy soms huil jy, maar regop kom jy weer…….
Speel 1ste span hokkie en verteenwoordig Empangeni Hoêrskool vir baie jare in atletiek my eerste liefde. Skryf matriek in 1977, met die wonderlikste onderwysers as leermeesters en die beste pelle van daardie eeu…….
Na skool het ek vir Transnet Ingenieursafdeling gewerk en nog steeds soveel moontlik, sport beoefen, ek is na die provinsiale kampioenskappe vir Netbal en korfbal. Speel ook vir Empangeni dorpklub se 1ste hokkie span.
Verwerf Provisale kleure ook vir varswaterhengel en neem deel aan die SA Kampioenskappe.
Kwalifiseer aan Damelin Kollege en verwerf diploma as geregistreerde boekhoudster, (imagine, my swakste vak op skool?Ek het dit eers verstaan na skool, nooit belang gestel) .
Verhuis na die Oos-Kaap en word aan die Fort Hare Univ opgelei as Staatsrekenmeester , vir spesifiek die Departement van Gesondheid. Word ook opgelei aan die Univ van Fort Hare as "Supply Chain"

Bestuurder en Instruktrise, lei tans staatsamptenare op in beide afdelings.
Is getroud Met Johan Halgryn van SAAMWERK,HOëRSKOOL (Durban) ONS GROOTSTE VYANDE, en het twee pragtige slim kinders Cecile (26)en Jean (13)(seker van hul oupa geërf?)My dogter vang graad op Stellenbosch en honeurs grad in Londen en is tans onderwyser aan n' AFR spog hoërskool in PE., my seun is tans in graad 7 , so ek moet my nog baie jonk hou, hehehehe. My man bedryf sy eie sakeonderneming in die private sektor, en so is die storie van ons lewens.
Die lewe hier aan die Ooskus van Afrika is baie rustiger as in die res van die land en dinge gebeur stadig hier maar die natuur is beeldskoon en die mense moet jy leer ken, dan kruip hulle in jou hart.

Terug Terug na bo